96
DIE KONING VAN DIE EEUE
Nie eens deur n enkele gedagte het Hy aan die versoeking toegegee
nie. So kan dit ook met ons wees. Die mensheid van Christus was
met Sy godheid verenig; deur die inwoning van die Heilige Gees
is Hy vir die stryd toegerus. Hy het gekom sodat ons die goddelike
natuur deelagtig kan word. Solank ons met Hom deur die geloof
verenig is, sal die sonde geen mag oor ons hê nie. God wil die
hand van geloof vat wat ons uitsteek, sodat Hy ons kan help om die
godheid van Christus beet te neem dat ons karakters volmaak kan
word.
Christus het ons gewys hoe dit gedoen word. Deur watter middels
het Hy die Satan oorwin? Deur die Woord van God. Deur die Woord
alleen kon Hy die versoeking weerstaan. “Daar is ge-skrywe, het
Hy gesê. Aan ons het Hy die grootste en dierbare beloftes geskenk,
sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur,
nadat julle ontvlug het die verdorwenheid wat deur die begeerlikheid
in die wêreld is.” (2 Pet. 1:4.) Elke belofte in die Woord van God
is vir ons. Ons moet lewe van “alles wat uit die mond van die Here
uitgaan.” Wanneer ons deur versoeking aangeval word, laat ons dan
nie op die omstandighede of op ons eie swakheid sien nie, maar op
die krag van die Woord. Al die krag van die Woord is vir ons. Die
Psalmis het gesê, “Ek het U woord in my hart gebêre, dat ek teen U
nie sal sondig nie.” “Ek het deur die woord van U lippe vermy die
paaie van die geweldenaar.” Ps. 119: 11; 17:
[119]