Page 101 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Oorwinning
TOE neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom
op die dak van die tempel staan en sê vir Hom: As U die Seun van
God is, werp Uself af; want daar is geskrywe,
Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U,
En hulle sal U op die hande dra,
sodat U nie miskien u voet teen ’n klip stamp nie.”
Nou het die Satan gemeen dat hy Jesus op Sy eie grond ontmoet.
Die listige vyand kom nou met woorde wat uit die mond van God
uitgegaan het. Nog doen hy homself voor as ’n engel van die lig;
hy toon dat hy bekend is met die Skrifte en die inhoud verstaan van
wat daar geskryf is. Soos Jesus tevore die Woord gebruik het om sy
geloof te handhaaf, so gebruik die versoeker nou die Woord om sy
bedrog te steun. Hy beweer dat hy slegs die getrouheid van Jesus
wou beproef, en hy het Hom nou aangeprys vir Sy standvastigheid.
Namate die Heiland Sy vertroue in God geopenbaar het, het die
Satan by Hom aangedring om verdere bewys te lewer van Sy geloof.
Ook hierdie versoeking is voorafgegaan deur die influistering
van wantroue: “As U die Seun van God is.” Christus het in die
versoeking gekom om te antwoord op daardie “As,” maar Hy het
[120]
[121]
Hom bedwing om nie toe te gee aan die geringste mate van twyfel
nie. “Hy sou nie Sy lewe in gevaar bring om die bewys aan die Satan
te gee nie.”
Die versoeker se plan was om die mensheid van Christus te
vlei en Hom tot vermetelheid te beweeg; maar hoewel die Satan n
persoon kan versoek, kan hy hom nie dwing om te sondig nie. Hy
het aan Jesus gesê: “Werp Uself af,” want hy het goed geweet dat as
hy probeer om Hom af te gooi, God tussenbei sou kom om Hom te
red. Ook kon die Satan Jesus nie dwing om Homself af te gooi nie.
Tensy Christus toegee aan die versoeking, sou Hy nie oorwin kon
word nie. “Al die magte van die aarde of van die hel kon Hom nie
97