Page 102 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

98
DIE KONING VAN DIE EEUE
dwing om selfs in die geringste mate af te wyk van die wil van Sy
Vader nie.”
Die versoeker kan ons nooit dwing om sonde te doen nie. Hy kan
die hart nie beheers tensy dit aan Hom oorgegee is nie. Die wil moet
toestem, die geloof moet sy houvas op Christus los voordat die Satan
sy mag oor ons kan uitoefen. Maar elke sondige begeerte wat ons
koester, gee hom ’n kans. Elke punt waarop ons nie die goddelike
standaard bereik nie is ’n oop deur waardeur hy binnekom om ons
te versoek en te verslaan. Elke mislukking of nederlaag van ons gee
hom ’n kans om Christus te verwyt.
Toe die Satan die belofte aangehaal het, “Hy sal Sy engele bevel
gee aangaande U,” het hy die woorde weggelaat, “om jou te bewaar
op al jou weë;” dit wil sê op al die weë wat God verkies. Jesus het
geweier om af te wyk van die pad van gehoorsaamheid. Hoewel
Hy volkome vertroue in Sy Vader gehad het, wou Hy Homself nie
onnodig in omstandighede begewe waar die Vader genoodsaak sou
wees om in te tree om Hom van die dood te red nie. Hy sou nie die
Voorsienig- heid dwing om Hom te hulp te kom, en dus nalaat om
aan die mens ’n voorbeeld van vertraue en onderworpenheid te gee
nie.
Jesus het aan die Satan gesê: “Daar is ook geskrywe: Jy mag
die Here jou God nie versoek nie.” Hierdie woorde is deur Moses
gespreek tot die kinders van Israel toe hulle in die woestyn dors
gehad het en Moses versoek het om hulle water te gee met die
woorde, “Is die Here onder ons?” Exod. 17: 7. God het wonders
vir hulle gedoen, maar toe hulle in die moeilikheid was, het hulle
aan Hom getwyfel en bewys gevra dat Hy met hulle was. In hulle
ongeloof het hulle probeer om God op die proef te stel. Die Satan
het by Christus aangedring om dieselfde te doen. God het alreeds
[122]
getuig dat Jesus Sy Seun was, en om nou bewys te vra dat Hy dit
wel is, sou beteken het dat Hy Gods Woord op die proef stel — dat
Hy God versoek. Om God te vra om iets te doen wat Hy nie belowe
het nie, sou op dieselfde neerkom; dit sou wantroue verraai — in
werklikheid sou Hy God versoek. Ons moet nooit tot God bid om
Hom te beproef of Hy wel Sy Woord sal vervul nie, maar omdat ons
weet dat Hy dit sal vervul; nie om te sien of Hy ons wel liefhet nie,
maar omdat Hy ons liefhet. “En sonder geloof is dit onmoontlik om