Page 103 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Oorwinning
99
God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n
beloner is van die wat Hom soek.” Heb. 11:6.
Maar geloof is glad nie aanmatiging nie. Alleen die persoon wat
waarlik glo, is gevrywaar teen aanmatiging, want aanmatiging is
die Satan se namaaksel van geloof. Die geloof maak staat op Gods
beloftes, en bring die vrugte van gehoorsaamheid voort. Aanma-
tiging maak ook aanspraak op Gods beloftes, maar gebruik hulle
soos die Satan, as ekskuus vir oortreding. Geloof sou ons eerste
voorouers gelei het om te vertrou op die liefde van God, en om Sy
bevele te gehoorsaam. Aanmatiging het hulle gelei om Sy wet te
oortree, gelowende dat Sy groot liefde hulle sou red van die gevolge
van die sonde. Deur die guns van die hemel te soek sonder om te
voldoen aan die voorwaardes waarop genade toegestaan word—dit
is nie geloof nie. Opregte geloof het sy wortel in die beloftes van die
Skrifte.
Dikwels wanneer die Satan nie daarin slaag om ons wantrouig te
maak nie, slaag hy daarin om ons tot vermetelheid te lei. As hy ons
kan beweeg om onsself onnodig in die weg van versoeking te plaas,
weet hy dat hy die oorwinning sal behaal. God sal almal bewaar
wat die pad van gehoorsaamheid bewandel, maar as ons dit verlaat,
begeef ons onsself op die Satan se grond. Daar sal ons sekerlik in
die sonde val. Die Heiland het ons vermaan om te “waak en bid, dat
julle nie in versoeking kom nie.” (Markus 14: 38.) Oorpeinsing en
gebed sal verhoed dat ons ons onnodig in die gevaar sal begeef, en
so sal ons van menige nederlaag bewaar word.
Ons moet egter nie moedeloos word wanneer ons deur versoeking
aangeval word nie. Dikwels wanneer ons in moeilike omstandighede
beland, twyfel ons of die Gees van God ons wel gelei het. Maar
dit is deur die Gees dat Jesus in die woestyn gelei is om deur die
[123]
Satan versoek te word. Wanneer God ons beproef, is dit vir ons eie
beswil. Jesus het geen misbruik van Gods beloftes gemaak deur
Homself onnodig in die versoeking te begeef nie, en ook het Hy
me moedeloos geword toe die versoeking gekom het nie. Ook ons
moet nie moed opgee nie, want “God is getrou, wat nie sal toelaat
dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met
die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.” 1
Kor. 10: 13. Hy sê: “Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan