100
DIE KONING VAN DIE EEUE
die Allerhoogste; en roep My aan in die dag van benoudheid; Ek sal
jou uithelp,en jy moet My eer.” Ps. 50: 14, 15.
Jesus was oorwinnaar in die tweede versoeking, en nou openbaar
die Satan homself in sy ware karakter. Maar hy verskyn nie in die
gedaante van ’n vreeslike monster met gesplete kloue en vlermuis-
vlerke nie. Alhoewel hy gevalle is, is hy nogtans ’n magtige engel.
Hy bevestig dat hy die leier van die opstand, en die god van hierdie
wêreld is.
Die Satan het Jesus op ’n hoë berg geneem en die komnkryke
van die wêreld in al hulle heerlikheid voor Hom laat verbygaan. In
die volle sonlig het Hy groot tempelstede, marmerpaleise, vrugbare
lande en wingerde gesien. Die gevolge van die sonde was bedek.
Die oe van Jesus wat so pas ellende en verlatenheid aanskou het, het
hierdie toneel van weergalose skoonheid en voorspoed met welge-
valle aanskou. Toe is die stem van die versoeker gehoor: “Ek sal U
al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee,
en ek gee dit aan wie ek wil. As u my dan aanbid, sal alles aan u
behoort.”
Die sending van Christus kon alleen deur lyding volbring word.
Voor Hom was daar ’n lewe van droefheid, lyding, stryd, en n skand-
dood. Die sonde van die hele wêreld moes Hy dra. Hy moes voel
wat dit is om geskei te wees van die liefde van Sy Vader. Nou het
die versoeker aangebied om aan Hom al die mag oor te gee wat
hy weder- regtelik verkry het. Christus kon Homself red van die
vreeslike toe- koms deur die opperheerskappy van die Satan te erken.
Maar dit sou beteken dat Hy die groot stryd gewonne gee. Dit was
deur sy poging om homself bokant die Seun van God te verhef dat die
Satan in die hemel gesondig het. As die Satan nou die oorwinning
kon behaal, sou dit die oorwinning van die opstand beteken.
Toe die Satan aan Christus gesê het, Die komnkryke van die
wereld en al hulle heerlikheid en mag is aan my oorgegee, en ek gee
dit aan wie ek wil, het hy slegs ’n deeltjie van die waarheid vertel,
[124]
en dit om sy eie bedrog te bevorder. Die Satan het die heerskappy
aan Adam ontneem, maar Adam was onderkoning vir die Skepper.
Hy was nie n onafhanklike heerser nie. Die aarde behoort aan God,
en Hy het alle dinge aan Sy Seun oorgegee. Adam sou onder Chris-
tus regeer. Toe Adam sy komngskap aan die Satan verbeur het, het
Christus nog die regmatige Koning gebly. Die Here het aan Koning