Page 105 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Oorwinning
101
Nebukadnesar gesê “dat die Allerhoogste mag het oor die koning-
skap van die mens, en dit gee aan wie Hy wil.” Dan. 4: 17. Die Satan
kan die gesag wat hy wederregtelik verkry het, uitoefen alleen in die
mate wat God hom toelaat om dit te doen.
Toe die versoeker aan Christus die koningskap en die heerlikheid
van die wêreld aangebied het, het hy inderwaarheid voorgestel dat
Christus Sy regmatige koningskap oor die wêreld moes opgee en
onder hom heerskappy moes voer. Op hierdie heerskappy het die
Jode ge- hoop. Hulle het na die koninkryk van hierdie wêreld verlang.
As Christus toegestem het om hulle so ’n koninkryk te gee, sou hulle
Hom met blydskap aangeneem het. Maar die vloek van die sonde
met al sy ellende het daarop gerus. Christus het aan die versoeker
gesê: “Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here
jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”
Die komnkryke van hierdie wêreld is vir Christus aangebied
deur die een wat in die hemel. gerebelleer het, as koopprys vir Sy
aanbidding van die beginsels van boosheid; maar Hy kon nie gekoop
word nie. Hy het gekom om die koninkryk van geregtigheid op te
rig, en Hy sou nie Sy plan opgee nie. Die Satan kom met hierdie
selfde versoeking tot die mens, en daar- het hy groter sukses as
met Christus. Aan die mense bied hy die koninkryke van hierdie
wêreld op voorwaarde dat hulle sy opperheerskappy erken. Hy verg
dat hulle eerlikheid moet opoffer, die gewete moet veronagsaam,
en hulleself moet oorgee aan selfsug. Christus vra hulle om eerste
die koninkryk van God en Sy geregtigheid te soek; maar die Satan
loop langs hulle en sê. “Wat ook al waar mag wees betreffende die
ewige lewe, moet julle my dien om suksesvol te wees in hierdie
wêreld. Ek beskik oor julle welvaart. Ek kan julle rykdom, plesier,
eer en geluk gee. Luister na my raad. Moenie julle laat wegvoer
deur vrome begrippe van eerlikheid en selfopoffering nie. Ek sal die
weg voor julle berei,” Hierdeur word groot menigtes bedrieg. Hulle
[125]
stem in om net vir hulleself te lewe, en die Satan is tevrede. Terwyl
hy hulle aanlok met die hoop tot wêreldse heerskappy, verkry hy
heerskappy oor hulle siele. Maar hy bied hulle dinge aan wat nie
syne is om te gee nie, en wat eerlank van hom weggeneem sal word.
In werklikheid word hulle beroof van die reg op hulle erfenis as die
seuns van God.