102
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die Satan het die feit betwyfel of Jesus die Seun van God was.
Die wyse waarop hy weggejaag is, was afdoende bewys vir hom.
Jesus se Godheid het geflits deur Sy lydende mensheid. Die Satan
het geen mag gehad om die bevel te veronagsaam nie. Woedend
oor die vernedering, moes hy wyk van die teenwoordigheid van
die Verlosser van die wêreld. Christus se oorwinning was net so
volkome as die nederlaag van Adam.
So kan ons ook die versoeking weerstaan en die Satan dwing om
van ons weg te gaan. Jesus het deur die geloof en Sy onderworpen-
heid aan God die oorwinning behaal; by monde van die apostel sê
Hy aan ons: “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel,
en hy I sal van julle af wegvlug. Nader tot God, en Hy sal tot julle
nader.” Jak. 4:7, 8. Ons kan onsself nie red van die mag van die
versoeker nie; hy het die mensdom oorwin, en as ons probeer om in
ons eie krag te staan, sal ons die slagoffers word van sy liste; maar
“
die Naam van die Here is ’n sterk toring, die regverdige hardloop
daarin en word beskut.” Spreuke 18: 10. Die Satan sidder en vlug
vir die swakste siel wat sy toevlug neem tot daardie magtige Naam.
Na die vyand weg was, het Jesus uitgeput op die grond neergeval,
en Sy gesig was doodsbleek. Die engele van die hemel het die stryd
gadegeslaan, en gesien hoe hulle geliefde Aanvoerder onuitspreek-
like lyding moes verduur om n uitweg vir ons te maak. Hy het die
toets deurstaan, groter as wat ons ooit sal moet verduur. Die engele
het nou die Seun van God bedien waar Hy daar soos ’n sterwende
gelê het. Hy is versterk met voedsel, vertroos met ’n boodskap van
die Vader se liefde, en verseker dat die hele hemel hulle verbly in
Sy oorwinning. Hy het weer Sy kragte herwin, en met Sy hart vol
medelyde vir die mens, het Hy voortgegaan om die werk te voltooi
wat Hy begin het, om nie te rus totdat die vyand verslaan, en die
gevalle mensdom verlos is nie. Wanneer die verlostes saam met hulle
[126]
Verlosser voor die troon van God staan, dan eers sal ons besef watter
verskriklike losprys vir ons betaal is. Wanneer ons in verrukking ons
ewige tuiste sien, sal ons besef dat Jesus dit alles verlaat het vir ons,
dat Hy nie alleen ’n banneling geword het uit die hemelse howe nie,
maar vir ons die gevaar geloop het om die ewige nederlaag te ly. Dan
sal ons ons krone voor Sy voete neerwerp en die lied aanhef: “Die
Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en
wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.” Openb. 5:12.
[127]