Page 107 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Ons het die Messias Gevind
JOHANNES die Doper was nou besig om te preek en te doop
by Betabara, oorkant die Jordaan. Dit was nie ver van hierdie plek
waar God die waters van die rivier afgekeer het vir die deur- tog van
Israel nie. Nie ver daarvandaan nie het die leërs van die hemel die
sterk vesting van Jerigo omvergewerp. Die herinnering aan hierdie
gebeurtenisse het destyds weer herlewe en groot belangstelling in
die Doper se boodskap opgewek. Sou Hy wat in die verlede op sulke
wonderbare wyse gewerk het, nie miskien weer Sy krag openbaar
vir die verlossing van Israel nie? Dit was die gedagtes wat in die
harte van die mense omgegaan het wat daeliks aan die oewers van
die Jordaan saamgekom het.
Die prediking van Johannes het so ’n diep indruk op die volk
gemaak, dat dit die aandag van die godsdienstige leiers getrek het.
Weens die gevaar van opstand as gevolg van sulke populêre volks-
ver- gaderings, het die Romeine sulke byeenkomste met agterdog
bejeën, en alles wat ’n opstand onder die volk kon verwek, het by
die Joodse. owerheid besorgdheid gebaar. Johannes het nie die gesag
[128]
van die Sanhedrin erken deur hulle toestemming vir sy werk te vra
nie, en daarby het hy owerstes sowel as die volk, Fariseërs en Sad-
duseërs eweseer bestraf. Tog het die volk hom gretig gevolg. Dit het
gelyk of die belangstelling in sy werk voortdurend toeneem. Hoewel
Johannes hulle nie eerbiedig het nie, het die Sanhedrin gemeen dat
hy, as openbare leraar, onder hulle jurisdiksie gestaan het.
Hierdie liggaam het bestaan uit lede wat uit die priesters en uit
die owerstes en leraars van die volk gekies is. Die hoëpriester was
gewoonlik die voorsitter. Al die lede moes manne van gevorderde
leeftyd wees, hoewel nie juis bejaardes nie; hulle moes geleerde
manne wees, nie alleen goed bekend met die Joodse godsdiens en
geskiedenis nie, maar ook ontwikkeld wat algemene kennis betref.
Hulle moes sonder liggaamsgebrek, en getroude manne en vaders
wees wat dus meer mensliewend en verdraagsaam sou wees. Hulle
vergaderplek was ’n vertrek verbonde aan die tempel te Jerusalem.
103