Page 108 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

104
DIE KONING VAN DIE EEUE
In die dae toe die Jode nog onafhanklik was, was die Sanhedrin die
hoogste geregshof van die volk, met burgerlike sowel as kerklike
gesag. Hoewel hulle nou aan die Romeinse goewerneurs ondergeskik
was, het hulle nog groot invloed gehad sowel in burgerlike as in
godsdienstige sake.
Die Sanhedrin kon nie eintlik uitstel om die werk van Johan-
nes die Doper te ondersoek nie. Daar was sommige wat hulle die
openbaring aan Sagaria in die tempel herinner het, en die vader se
voorspelling dat dié kind die voorloper van die Messias sou wees.
In die beroering en veranderings van die afgelope dertig jaar het
hulle hierdie dinge grotendeels vergeet. Maar die opgewondenheid
oor die prediking van Johannes die Doper het hierdie dinge weer in
herinnering gebring.
Dit was lank gelede dat Israel laas ’n profeet gehad het; lank dat
hulle laas so ’n hervorming gesien het as die wat nou aan die gang
was. Die oproep tot belydenis van sonde was nuut en verrassend.
Baie van die leiers wou nie gaan luister na die oproepe en bestraffings
van Johannes nie, uit vrees dat hulle ook miskien daartoe sou kom om
die geheime van hulle eie lewens te openbaar. Tog was sy prediking
n regstreekse aankondiging van die Messias. Dit was welbekend dat
die sewentig weke van die profesie van Daniël, wat die koms van
die Messias bepaal het, byna vervul was. Almal wou graag deel hê
in daardie tydperk van nasionale heerlikheid wat toe verwag is. Die
entoesiasme was so groot onder die volk dat die Sanhedrin eerlank
[129]
genoodsaak sou wees om die werk van Johannes of goed te keur
of heeltemal af te keur. Hulle mag oor die volk het alreeds begin
afneem, en dit het n ernstige vraag geword hoe om hulle posisie te
handhaaf. In die hoop om tot die een of ander besluit te kom, het
hulle ’n deputasie van priesters en Leviete na die Jordaan gestuur
vir ’n onderhoud met die nuwe
Toe die afgevaardigdes daar aankom, het ’n skare mense na sy
woorde gesit en luister. Met ’n vertoning van gesag wat bedoel was
om ’n indruk op die volk te maak, en die eerbied van die profeet af te
dwing, het die trotse rabbi’s nadergekom. Met groot eerbied - byna
vrees — het die menigte opsy gestaan om hulle te laat verbykom.
Die groot manne in hulle kosbare klere, en met die trots van hulle
rang en gesag, het voor die woestynprofeet gaan staan.
Wie is u?” wou hulle weet.