Page 109 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Ons het die Messias Gevind
105
Wetende wat in hulle gedagtes was, het Johannes geantwoord ,
Ek is nie die Christus nie.”
Wat dan? Is u Elia?”
Ek is nie.”
Is u die profeet?”
Nee.”
Wie is u? dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het.
Wat sê u van uself?”
Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad
van die Here reguit!” soos Jesaja, die profeet, gesê het.
Die skriftuur waarna Johannes hulle verwys het, was daardie
heer- like profesie van Jesaja: “Troos, troos My volk, sê julle God.
Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd
verby is, dat haar skuld betaal is. . . . ’n Stem van een wat roep:
Berei in die woestyn die weg van die Here; maak gelyk in die
wildernis n grootpad vir onse God! Elke dal moet opgevul en elke
berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet ’n gelykte en
die rotsagtige plekke n laagte word. En die heerlikheid van die Here
sal geopenbaar wor,
en alle vlees tesame sal dit sien.” Jes. 40: 1-5.
In die ou dae wanneer ’n koning deur die minderbesogte streke
van sv gebied sou reis, is ’n aantal manne voor die koninklike ry-
tuig uitgestuur om die steil plekke gelyk te maak en die holtes op
te vul, sodat die koning veilig en sonder hindernis kon reis. Die
[130]
profeet het na hierdie gewoonte verwys om die werk van die evan-
gelie te illustreer. “Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel
klein gemaak word.” Wanneer die Gees van God met Sy wonderbare
opwekkende krag die siel aanraak, bring dit die menslike hoogmoed
in die stof. Wêreldse plesier en posisie en mag word dan gesien as
waardeloos. “Terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opge-
werp word teen die kennis van God en elke gedagte gevangeneem
tot die gehoorsaamheid van Christus.” 2 Kor. 10: 5. Nederigheid en
selfopofïerende liefde wat so min gewaardeer word onder mense,
word dan verhef as die dinge wat werklik waarde het. Dit is die werk
van die evangelie waarvan die boodskap van Johannes ’n deel was.
Die rabbi’s het hulle ondervraging voortgesit: “Waarom doop u
dan as u nie die Christus of Elia of die profeet is nie?” Die woorde.
die profeet” het betrekking gehad op Moses. Daar was ’n geloof