Page 110 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

106
DIE KONING VAN DIE EEUE
onder die Jode dat Moses uit die dode opgewek en na die hemel
geneem sou word. Hulle het nie geweet dat dit reeds gebeur het
nie. Toe die Doper sy bediening begin het, het vele gedink dat hy
[131]
miskien Moses kon wees wat uit die dode opgewek is, want hy
het klaarblyklik ’n deeglike kennis van die profesieë en van die
geskiedeniss van Israe gehad.
Daar was ook ’n geloof dat Elia persoonlik sou verskyn vóór
die koms van die Messias. Johannes het dit ontken, maar sy woorde
het ’n dieper betekenis gehad. Sprekende van Johannes, het Jesus
later gesê, “As julle gewillig is om dit aan te neem: hy is Elia wat
sou kom.” Matt. 11: 14. Johannes het gekom in die gees en krag van
Elia, om net so ’n werk te doen as wat Elia gedoen het. As die Jode
hom aangeneem het, sou dit vir hulle dieselfde gedoen het, maar
hulle het nie sy boodskap aangeneem nie. Vir hulle was hy nie Elia
nie. Hy kon vir hulle nie die sending vervul waarvoor hy gekom het
me.
Baie van die wat daar by die Jordaan vergader was, was teen-
woordig toe Jesus gedoop is; maar die teken wat toe gegee is,
is gesien deur net ’n paar van hulle. Gedurende die voorafgaande
maande van die Doper se bediening het vele die oproep tot bekering
verwerp. So het hulle hulle harte verhard en hulle verstand verduis-
ter. Toe die Hemel van Jesus getuig het by Sy doop, het hulle dit nie
gewaar nie. En die wat Hom, die onsigbare, nie in geloof aanskou
het me, het me die openbaring van die heerlikheid van God gesien
nie; ore wat nooit na Sy stem geluister het nie, het daardie getuienis
nie gehoor nie. So is dit ook nou. Dikwels word die teenwoordigheid
van Christus en van dienende engele geopenbaar in die vergaderings
van mense, en tog is daar baie wat dit nie weet nie. Hulle merk niks
buitengewoons nie. Maar vir ander word die Heiland se teenwoor-
digheid geopenbaar. Hulle harte word vervul met vrede en vreugde.
Hulle word vertroos,bemoedig, en geseën.
Die afgevaardigdes van Jerusalem het aan Johannes gevra:
Waarom doop u dan?” en hulle het op sy antwoord gewag. Skielik,
terwyl sy blik op die menigte gerig was, het sy oë gefonkel, sy gelaat
verhelder, en was hy baie aangedaan. Met uitgestrekte hande het y
uitgeroep: “Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie
julle nie ken nie —dit is Hy wat na my kom, wat my vóór is, wie se
skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.”