Page 111 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Ons het die Messias Gevind
107
Die boodskap om na die Sanhedrin te neem was duidelik en
onom-wonde. Die woorde van Johannes kon op niemand anders van
toe- passing wees as op die langverwagte Een nie. Die Messias was
[132]
onder hulle! Verbaas het die priesters en owerstes rondgekyk in die
hoop om Hom te sien van wie Johannes gepraat het, maar Hy kon
onder die skare nie onderskei word nie.
Toe Johannes òp Jesus by Sy doop gewys het as die Lam van
God, is daar ’n nuwe lig gewerp op die Messias se werk. In die
profeet se gedagte was die woorde van Jesaja, “soos ’n lam wat na
die slagplek gelei word.” Jes. 53:7. Gedurende die daaropvolgende
weke het Johannes met nuwe belangstelling die profesieë en die leer
aangaande die verskillende offers ondersoek. Hy kon nie duidelik
die verskil sien tussen die twee fases van Christus se werk nie — as
n soenoffer en as ’n oorwinnende koning nie —maar hy het besef
dat Sy koms ’n dieper betekenis gehad het as wat die priesters en die
volk besef het. Toe hy Jesus onder die skare sien, nadat Hy van die
woestyn teruggekom het, het hy stellig verwag dat Jesus die volk ’n
teken sou gee van Sy ware karakter. Byna ongeduldig het hy gewag
vir die Heiland om Sy sending aan te kondig; maar daar is geen
woord gespreek en geen teken gegee nie. Jesus het nie gereageer
op Johannes se aankondiging aangaande Hom nie, maar het onder
Johannes se dissipels beweeg sonder enige uiterlike teken van Sy
spesiale werk, en sonder enige poging om die aandag op Hom te
vestig.
Die volgende dag het Johannes Hom sien aankom. Met die heer-
likheid van God rüstende op hom, het die profeet met uitgestrekte
hande gewys en gesê. “Daar is die Lam van God, wat die sonde van
die wêreld wegneem! Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom ’n
man wat my voor is, . . . En ek het Hom nie geken nie, maar dat Hy
aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water
gedoop.
. . .
Ek het die Gees sien neerdaal soos ’n duif uit die hemel, en
Hy het op Hom gebly. En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat
my gestuur het, om met water te doop, Hy het vir my gesê: Op wie
jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat doop met die
Heilige Gees. En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God
is.” Joh. 1: 29-34.