Page 112 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

108
DIE KONING VAN DIE EEUE
Was dit die Christus? Met ontsag en verwondering het die volk
die Een aanskou wat so pas aangewys is as die Seun van God. Die
woorde van Johannes het ’n diep indruk op hulle gemaak. Hy het
tot hulle gespreek in die Naam van God. Hulle het dag na dag na
[133]
Hom geluister terwyl hy hulle sondes bestraf het, en daeliks het die
oortuiging sterker geword dat Hy van die Hemel gestuur is. Maar
wie was hierdie Een dan wat meerder was as Johannes die Doper? In
Sy kleding en houding was daar niks wat n hoë stand aangetoon het
nie. Op die oog was Hy ’n eenvoudige persoonlikheid, soos hulle
gekleed, in die eenvoudige kleredrag van die armes.
Onder die menigte was daar sommige wat by die doop van Chris-
tus die goddelike heerlikheid gesien, en die stem van God gehoor
het. Maar sedert daardie tyd het die Heiland baie verander. By Sy
doop het hulle gesien hoe Sy gelaat verander is soos die glans van
die hemelse lig; maar nou, bleek, uitgeput en vervalle, is Hy alleen
deur die profeet Johannes herken.
Waar die mense Hom aanskou het, het hulle in Sy gelaat godde-
like ontferming, gepaard met ’n bewustheid van krag, gesien. Elke
aanblik, elke gelaatstrek, was gekenmerk deur ootmoed en die uit-
drukking van onuitspreeklike liefde. Dit het geskyn of Hy omring
was van ’n atmosfeer van geestelike invloed. Terwyl Sy houding
sagmoedig en beskeie was, het Hy tog die indruk gegee dat verborge
krag in Hom geskuil het wat nie heeltemal bedek kon bly nie. Was
Hy miskien die Een op wie Israel so lank gewag het?
Jesus het in armoede en nederigheid gekom sodat Hy ons voor-
beeld sowel as ons Verlosser kon wees. As Hy gekom het in konink-
like prag en praal, hoe sou Hy dan nederigheid kon leer? Hoe sou
Hy sulke snydende waarhede kon verkondig het soos in die Bergpre-
dikasie? Waar sou dan die hoop gewees het van die nederiges van
hart as Jesus soos ’n koning onder die mense kom woon het?
Vir die skare, egter, het dit onmoontlik geskyn dat die Een deur
Johannes aangewys, voldoen het aan die maatstaf van hulle hoë
ver- wagtings. So is vele dan teleurgestel en verbyster.
Die woorde wat die priesters en rabbi’s so graag wou hoor,
naamlik dat Jesus nou die koninkryk van Israel sou herstel, is nie
gespreek nie. Hulle het op so ’n koning gewag; so ’n koning sou hulle
aanneem. Maar Een wat in hulle die koninkryk van geregtigheid kon
oprig, Hom wou hulle nie aanneem nie.