Ons het die Messias Gevind
109
Die volgende dag, terwyl twee van sy dissipels naby hom staan,
het Johannes Jesus weer onder die mense gesien. Weer is die aange-
sig van die profeet verlig met die glans van die Onsienlike, en het hy
[134]
uitgeroep: “Daar is die Lam van God!” Hierdie woorde het ’n rilling
van vreugde deur die harte van die dissipels laat gaan. Hulle het dit
nie heeltemal verstaan nie. Wat beteken die Naam wat Johannes aan
Hom gee, “Die Lam van God”? Johannes het dit nie verduidelik nie.
Hulle het Johannes verlaat om Jesus te gaan opsoek. Een van die
twee was Andreas, die broer van Simon; die ander een was Johannes,
die latere evangelis. Hulle was die eerste dissipels van Christus. Deur
n onweerstaanbare drang beweeg, het hulle Jesus gevolg — begerig
om met Hom te praat, en tog eerbiedig en stil, besig met die groot
vraag, “Is dit die Messias?”
Jesus het geweet dat die dissipels Hom gevolg het. Hulle was die
eerstelinge van Sy bediening, en daar was blydskap in die hart van
die goddelike Leraar toe hierdie siele gereageer het op Sy genade.
Maar Hy het Hom omgedraai en slegs gevra: “Wat soek julle?” Hy
sou hulle vry laat om om te draai, of om hulle begeerte uit te spreek.
Hulle was bewus van slegs een doel; hulle het net aan een per-
soon gedink. Hulle het uitgeroep: “Rabbi, waar is u tuis?” In die
kort onderhoud langs die pad, kon hulle nie kry wat hulle so sterk na
verlang het nie. Hulle wou graag alleen wees met Jesus; hulle wou
graag aan Sy voete sit en Sy woorde hoor.
“
Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gekom en gesien waar Hy
tuis was en die dag by Hom gebly.”
As Johannes en Andreas die ongelowige gees van die priesters
en owerstes gehad het, sou hulle nie as leerlinge aan die voete van
Jesus gesit het nie. Hulle sou tot Hom gekom het as kritici om Sy
woorde te oordeel. Op hierdie manier sluit baie mense die deur vir
die kos- baarste geleenthede. Maar so het hierdie eerste dissipels
nie gehandel nie. Hulle het gehoor gegee aan die roepstem van
die Heilige Gees deur die prediking van Johannes die Doper. Nou
het hulle die stem van die hemelse Leraar herken. Vir hulle was
die woorde van die Here Jesus vol krag en waarheid en skoonheid.
Daar is goddelike lig gewerp op die leer van die Ou Testament. Die
veelsydige temas van die waarheid is in ’n nuwe lig gesien.
Dit is berou en geloof en liefde wat die siel in staat stel om wys-
heid van die hemel te ontvang. Geloof wat deur die liefde werk, is die