110
DIE KONING VAN DIE EEUE
sleutel tot die kennis, en hy wat liefhet, “ken God.” (1 Joh. 4:7.) Die
[135]
dissipel Johannes was ’n ernstige, lieftallige, vurige, en nadinkende
man. Hy het die heerlikheid van Christus begin onderskei — nie
die wêreldse prag en praal waarop hy geleer is om te hoop nie maar
“’
n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom
-
vol van genade en waarheid.” (Joh. 1: 14.) Hy was verdiep in die
oorpeinsing van die wonderbare tema.
Andreas het getrag om die blydskap wat sy hart vervul het,
aan ander mee te deel. Hy het sy broer Simon gaan opsoek en
uitgeroep: “Ons het die Messias gevind.” Simon het nie op ’n tweede
uitnodiging gewag nie. Ook hy het die prediking van Johannes die
Doper gehoor, en hy het hom gehaas na die Heiland toe. Christus het
hom betrag en sy karakter en lewensgeskiedenis gelees. Sy haastige
geaardheid, sy lieftallige, medelydende hart, sy eersugtigheid en
selfvertroue, en die geskiedenis van sy val, sy berou, sy arbeid en
sy marteldood dit alles het die Heiland gesien, en toe gesê: “Jy is
Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Sefas, wat vertaal
word Petrus.
Die volgende dag wou Jesus na Galilea vertrek; en Hy et Filippus
gekry en vir hom gesê: Volg My.” Fil.ppus het die bevel gehoorsaam
en onmiddellik het hy ’n werker vir Christus geword.
Filippus het Natanael geroep. Laasgenoemde was onder die skare
die dag toe die Doper op Jesus gewys het as die Lam van God. Toe
Natanael Jesus sien, was hy teleurgestel. Kon hierdie man wat die
tekens van harde werk en armoede getoon het, die Messias wees?Tog
kon Natanael nie besluit om Jesus te verwerp nie, want die boodskap
van Johannes het hom in sy hart oortuig.
Toe Filippus hom kom roep het, het Natanael na n stil boor ge-
gaan om te peins oor Johannes se aankondiging en die profesieë
aangaande die Messias. Hy het gebid dat as die Een deur Johannes
aan- gewys inderwaarheid die Verlosser is, dit aan hom bekend-
gemaak moes word. Die Heilige Gees het op hom gekom met die
versekermg dat God Sy volk besoek het en ’n horing van saligheid
vir hulle verwek het Filippus het geweet dat sy vriend besig was om
die profesiee te ondersoek, en terwyl Natanael onder die vyeboom
gebid het, het Filippus sy skuilplek ontdek. Hulle het dikwels op
hierdie stil plek,saam gebid, bedek deur die lower.