Page 115 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Ons het die Messias Gevind
111
Dit het vir Natanael gelyk of die boodskap: “Ons het Hom gevind
van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het, n reg
streekse antwoord op sy gebed was. Maar Filippus se geloof was
[136]
nog baie swak.” Twyfelende het hy daarby gevoeg, “Jesus, die Seun
van Josef van Nasaret.” Weer het die vooroordeel in Natanael se
hart opgewel, en hy het uitgeroep: “Kan daar uit Nasaret iets goeds
wees?”
Filippus het nie met hom gestry nie. Hy het net gesê, “Kom kyk.
Daarop sien Jesus Natanael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is
waarlik n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.” Verwonderd het
Natanael uitgeroep: “Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en se
vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom
was, het Ek jou gesien.”
Dit was genoeg. Die goddelike Gees wat aan Natanael getuienis
gegee het toe hy alleen daar onder die vyeboom gebid het, het nou
weer in die woorde van Jesus tot hom gespreek. Hoewel hy getwyfel.
en in ’n seker mate bevooroordeeld was, het Natanael tot Christus
gekom met ’n opregte begeerte vir die waarheid, en nou is aan
daardie begeerte voldoen. Sy geloof het verder gegaan as die van
die een wat hom na Jesus gebring het. Hy het geantwoord en gesê:
Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!”
As Natanael op die rabbi’s vir leiding sou vertrou het, sou hy
Jesus nooit gevind het nie. Dit was deur vir homself te sien en te
oordeel dat hy ’n dissipel geword het. Vandag gaan dit net so met
baie wat hulle deur vooroordeel laat weghou van die goeie. Hoe
anders sou die resultate wees as hulle maar sou “kom kyk.”
Solank mense op die leiding van menslike gesag vertrou, sal
niemand tot ’n reddende kennis van die waarheid kom nie. Soos
Natanael, behoort ons die Woord van God vir onsself te ondersoek,
en te bid om die verligting van die Heilige Gees. Hy wat Natanael’
onder die vyeboom gesien het, sal ons ook sien in die verborge plek
van gebed. Engele van die lig is naby diegene wat in nederigheid
om goddelike leiding soek.
Met die roeping van Johannes en Andreas en Simon, en van
Filippus en Natanael is die fondament van die Christelike kerk gelê.
Johannes het twee van sy dissipels na Christus gestuur. Toe het
een van hulle, Andreas, sy broer gevind en hom tot die Heiland
gebring. Daarna is Filippus geroep, en hy het Natanael gaan opsoek.