Page 116 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

112
DIE KONING VAN DIE EEUE
Hierdie voorbeelde behoort ons die belangrikheid van persoonlike
werk te leer, om n regstreekse beroep te doen op ons bloedverwante,
vriende en bure. Daar is diegene wat hulle hele lewe lank bely dat
[137]
hulle Christus ken, en tog het hulle nog nooit ’n persoonlike poging
aangewend om selfs een siel tot die Heiland te bring nie. Hulle laat
al die werk aan die predikant oor. Hy mag baie geskik wees vir sy
roeping, maar hy kan nie die werk doen wat God aan die lede van
die kerk oorgelaat het om te doen nie.
Daar is baie wat behoefte het aan die diens van liefdevolle Chris-
tenharte. Vele wat ten gronde gegaan het, kon gered gewees het as
hulle bure, gewone manne en vroue, maar n persoonlike poging ge
maak het om hulle te red. Baie wag om persoonlik genader te word.
In ons eie huise, in ons buurt, in die dorp waar ons woon, is daar
werk vir ons as sendelinge. As ons Christene is, sal hierdie werk
vir ons aangenaam wees. Sodra iemand tot bekering gekom het,
ontwaak daar in hom ’n begeerte om aan ander te vertel wat ’n dier-
bare Vriend hy in Jesus gevind het. Die reddende en heiligmakende
waarheid kan nie in sy hart opgesluit word nie.
Almal wat aan God toegewy is, sal kanale van lig wees. God
gebruik hulle as Sy werktuie om aan ander die rykdom van Sy genade
te verkondig. Sy belofte is: “Ek sal hulle en die plekke rondom My
heuwel ’n seën maak en die stortreën laat val op sy tyd; stortreëns
van seën sal dit wees.” Eseg. 34: 26.
Filippus het aan Natanael gesê, “Kom kyk.” Hy het hom me
gevra om iemand anders se getuienis aan te neem nie, maar om
Christus self te sien. Noudat Jesus na die hemel opgevaar het, is
Sy dissipels Sy verteenwoordigers onder die mense, en een van
die doeltreffendste maniere om siele vir Hom te win, is deur Sy
karakter in ons daelikse lewe uit te lewe. Ons invloed op ander is
nie soseer afhanklik van wat ons sê nie, maar van wat ons is. Mense
mag ons logika beveg of minag, en hulle mag doof wees vir ons
oproepe, maar n lewe van onbaatsugtige liefde is iets wat hulle nie
kan wegredeneer nie. n Konsekwente lewe, gekenmerk deur die
nederigheid van Christus, is ’n krag in die wêreld.
Die leer van Christus het gevloei uit ’n innerlike oortuiging
en ondervinding, en diegene wat van Hom leer, word leraars na die
goddelike voorbeeld. Die Woord van God, gespreek deur iemand wat
self daardeur geheilig is, het ’n lcwegewende krag wat dit aantreklik