Ons het die Messias Gevind
113
maak vir die hoorders en hulle oortuig dat dit n lewende werklikheid
is. As iemand die waarheid uit liefde aangeneem het, sal hy dit
[138]
openbaar deur sy erns en deur sy stembuiging. Hy verkondig wat
hy self gehoor, gesien, en getas het, aangaande die Woord van die
lewe, sodat ander saam met hom gemeenskap kan hê deur die kennis
van Christus. Sy getuienis, uit lippe aangeraak met ’n gloeiende
kool van die altaar, is waarheid vir die ontvanklike hart, en het ’n
heiligmakende invloed op die karakter.
En die persoon wat soek om die lig aan ander mee te deel, sal
self geseën word. “Stortreëns van seën sal daar wees.” “Hy wat
verkwik, word self ook gelaaf.” Spreuke 11: 25. God kon Sy doel
bereik het met die redding van sondaars sonder ons hulp, maar sodat
ons karakters kan ontwikkel soos die van Christus, moet ons ’n deel
hê in Sy werk. Om in Sy vreugde te deel — die vreugde om siele te
sien wat deur Sy soendood verlos is — moet ons ook deel hê aan Sy
werk vir hulle verlossing.
Natanael se eerste geloofsbelydenis, so volledig en vurig en
opreg, was soos musiek in die ore van Jesus. En “Jesus antwoord en
sê vir hom: Glo jy, omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die
vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.” Die Heiland het met
vreugde uitgesien na Sy werk om die blye boodskap te verkondig
aan die sagmoediges, om die gebrokenes van hart weer op te rig en
vryheid te verkondig aan die gevangenes van die Satan. Gedagtig
aan die heer- like seëninge wat Hy aan die mense sou bring, het
Jesus verder gesê: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af
sal julle die hemel geopend sien en die engele opklim en neerdaal
op die Seun van die mens.”
Christus sê hier feitelik: Op die walle van die Jordaan is die
hemel geopen en die Gees het in die gedaante van ’n duif op My
neergedaal. Daardie toneel was maar die teken dat Ek die Seun van
God is. As julle in My as sodanig glo, sal julle geloof versterk word.
Julle sal sien dat die hemel geopen is om nimmermeer gesluit te
word nie. Ek het die hemel vir julle oopgemaak. Die engele van God
klim op en dra die gebede van die behoeftiges en ellendiges na die
Vader daarbo, en hulle daal neer om seën en hoop en moed en hulp
en lewe te bring aan die mensekinders.
Die engele van God gaan voortdurend van die aarde na die hémel,
en van die hemel na die aarde. Die wonderwerke van Christus vir