Page 770 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

766
DIE KONING VAN DIE EEUE
[853]
Met vreugde het die engelwagters geantwoord: “Wie is dan die
Erekoning?” Dit sê hulle, nie omdat hulle nie weet wie Hy is nie,
maar omdat hulle die antwoord van groot lof wou hoor:
Die Here, sterk en geweldig,
Die Here geweldig in die stryd.
Hef op julle hoofde, o poorte,
Ja hef op, ewige deure,
dat die Erekoning kan ingaan!”
Weer word die aanroep gehoor, “Wie is dan die Erekoning?”
want die engele word nooit moeg om daardie Naam te loof nie. Die
begeleidende engele antwoord nogmaals:
Die Here van die leërskare
Hy is die Erekoning.”
Ps. 24: 7-10.
Dan word die poorte van die Godstad wyd oopgemaak, en die
engeleskare gaan in op die maat van die verruklikste musiek.
Daar is die troon, en daarom die reënboog van belofte. Daar is
gerubs en serafs. Die aanvoerders van die leërskare van engele, die
seuns van God, die verteenwoordigers van die sondelose wêrelde, is
daar vergader. Die hemelse raad voor wie Lucifer God en Sy Seun
beskuldig het, die verteenwoordigers van daardie sondelose ryke
waaroor die Satan gehoop het om te regeer — almal is daar om die
Verlosser te verwelkom. Hulle is gretig om Sy oorwinning te vier en
om hulle Koning te verheerlik.
Maar Hy belet hulle. Dis nog nie tyd nie; Hy kan nie nou al
die kroon van heerlikheid en die komnkhke gewaad aanneem nie.
Hy gaan voor Sy Vader staan. Hy wys na Sy verwonde hoof, sy
deurstoke sy, Sy deurboorde voete; en Hy hou Sy hande op met
die merke van die spykers daarin. Hy wys na die bewyse van Sy
oorwinning; Hy het die hefoffer-gerf aangebied vir Sy Vader —
diegene wat saam met Hom opgestaan het as verteenwoordigers van
die groot skare wat uit die graf sal voortkom by Sy wederkoms. Hy
gaan na die Vader toe, wat Hom verbly oor elke sondaar wat tot