Page 771 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Na My V ader en Julle V ader”
767
bekering kom; Hy sing oor hom met gejubel. Vóór die grondlegging
van die wêreld, het die Vader en die Seun n verbond aangegaan
om die mens te red as hy deur die Satan oorwin sou word. Hulle
[854]
het mekaar se hand geneem en hulle plegtig verbind dat Christus
borg sou staan vir die mens. Christus het Sy belofte gehou. Toe
Hy aan die kruis uitgeroep het, “Dit is volbring,” het Hy die Vader
aangespreek. Hierdie ooreenkoms is ten volle nage- kom. Nou sê
Hy: Vader, dit is volbring. Ek het U wil gedoen, o My God. Ek het
die verlossingswerk voltooi. As U geregtigheid bevredig is, “Ek wil
dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal
wees.” Joh. 19: 30; 17: 24.
Die stem van God word gehoor wat verklaar dat daar voldoen
is aan die reg. Die Satan is verslaan. Christus se swoegende en
worstelende navolgers op die aarde is begenadig in die Geliefde.
Efe. 1:6. Voor die hemelse engele en die verteenwoordigers van die
sondelose wêrelde, word hulle regverdig verklaar. Waar Hy is, daar
sal Sy kerk ook wees. “Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar;
geregtigheid en vrede kus mekaar.” Ps. 85: 11. Die Vader omhels Sy
Seun, en die bevel word gegee, “Al die engele van God moet Hom
aanbid.” Heb. 1: 6.
Met onuitspreeklike vreugde erken regeerders en owerhede en
die magte die opperheerskappy van die Vors van die lewe. Die
leërskare van engele val voor Hom neer, terwyl die hemelhowe
weergalm met die woorde, “Die Lam wat geslag is, is waardig om
te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en
heerlikheid en lof.” Openb. 5: 12.
Oorwinningsliedere en die musiek van engeleharpe vervul die
ganse hemel met vreugde en lof. Liefde het oorwin. Die wat verlore
was, is gevind. Die hemel weergalm van stemme wat sê, “Aan Hom
wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en
die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid.” Openb. 5:13.
Van daardie oord van hemelse vreugde kom Christus se eie
woorde tot ons hier op die aarde, “Ek vaar op na My Vader en julle
Vader, en My God en julle God.” Joh. 20: 17. Die gesin van die
hemel en die aarde is verenig. Vir ons het onse Here opgevaar, en vir
ons lewe Hy. “Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom
tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.” Heb. 7:
25.