Page 769 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Na My V ader en Julle V ader”
765
14: 3.
Wel kon die dissipels hulle verbly in die hoop op hulle Here
se wederkoms.
Toe die dissipels terug is na Jerusalem, het die mense hulle met
verbasing aanskou. Ná die verhoor en kruisiging van Jesus, is daar
gemeen dat hulle neerslagtig en skaam sou wees. Hulle vyande het
verwag dat hulle die tekens sou toon van droefheid en neerlaag.
Maar pleks daarvan het hulle slegs blydskap en die oorwinning
gesien. Hulle gesigte het gestraal van ’n lig nie van hierdie aarde nie.
Hulle het nie getreur oor verydelde hoop nie, maar hulle was vol lof
en danksegging aan God. Met blydskap het hulle die wonderbare
verhaal van Christus se opstanding en Sy hemelvaart vertel, en hulle
getuienis is deur vele aangeneem.
Die dissipels was nie langer bang vir die toekoms nie. Hulle
het geweet dat Jesus in die hemel was, en dat Hy altyd met hulle
sou simpatiseer. Hulle het geweet dat hulle n Vriend op die troon
van God het, en hulle het met gretigheid hulle versoeke aan die
Vader gerig in Jesus se Naam. Met groot eerbied het hulle gebid, en
aanspraak gemaak op die belofte, “Alles wat julle die Vader sal vra
in My Naam, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in My Naam
gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan
wees.” Joh. 16: 23, 24. Hulle het die hand van geloof al hoër en hoër
uit- gestrek, met die magtige pleidooi, “Christus is dit wat gesterf
het, ja meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand
van God is, wat ook vir ons intree.” Rom. 8: 34. En Pinkster het aan
hulle die volheid van vreugde gebring in die ga we van die Trooster,
net soos Christus belowe het.
Die ganse hemel het gewag om die Heiland in daardie heerlike
howe te verwelkom. Soos Hy opgevaar het, was Hy aan die voorpunt,
en die skare gevangenes wat Hy vrygestel het tydens Sy opstanding,
het gevolg. Die hemelse leërskare het met gejuig en engelesang
agterna gekom.
Toe hulle naby die Godstad kom, het die begeleidende engele
die bevel gegee:
Hef op julle hoofde, o poorte,
Ja verhef julle, ewige deure,
Dat die Erekoning kan ingaan!”
Dat die Erekoning kan ingaan!”