764
DIE KONING VAN DIE EEUE
voleinding van die wêreld.” Terselfdertyd het hulle die heerlikste
sang van die engelekoor gehoor.
Terwyl die dissipels so na bo staan en kyk, het stemme soos
die soetste musiek hulle aangespreek. Hulle het omgedraai, en twee
engele, in die gedaante van manne, het aan hulle gesê, “Galilese
manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat
van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom
na die hemel sien wegvaar het.”
Hierdie engele was deel van die engeleskaar wat in die wolk
gewag het om Jesus na Sy hemelse tuiste te begelei. Hulle was die
hoogste onder die engeleskaar, en hulle was dieselfde twee wat na
die graf gekom het tydens Christus se opstanding, en hulle was altyd
saam met Hom gedurende Sy aardse lewe. Die ganse hemel het
gretig gewag vir die einde van Sy verblyf op aarde, so geskend en
ontsier deur die vloek van die sonde. Die tyd het nou gekom vir die
hemelse heelal om hulle Koning te ontvang. Het hierdie twee engele
ook nie verlang om onder die skare te wees wat Jesus sou verwelkom
nie? Maar uit medelyde en liefde vir diegene wat Hy agtergelaat
het, het hulle agtergebly die dissipels te vertroos. “Is hulle nie almal
dienende geeste wat vir diens uitgestuur word terwille van die wat
die saligheid sal beërwe nie?” Heb. 1: 14.
Christus het na die hemel opgevaar in ’n menslike gedaante. Die
dissipels het gesien hoedat die wolk Hom ontvang. Dieselfde Jesus
wat met hulle gewandel en gepraat en gebid het; wat saam met hulle
geëet het, wat saam met hulle in hulle skuite op die meer was, en
wat nog daardie dag saam met hulle die berg bestyg het — hierdie
selfde Jesus het nou opgevaar om saam met Sy Vader op Sy troon te
sit. En die engele het hulle verseker dat dieselfde Een wat hulle sien
wegvaar het na die hemel, sou terugkom net soos hulle Hom sien
gaan het. Hy sal “kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien.”
“
Die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die
stem van ’n aarts-engel en met geklank van die basuin van God; en
die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.” Die Seun van die
mens sal kom “in Sy heerlikheid en al die heilige engele saam met
Hom, dan sal Hy op Sy heerlike troon sit.” Openb. 1: 7; 1 Thess. 4:
16;
Matt. 25: 31. So sal die Here se belofte aan Sy dissipels vervul
[852]
word: “En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en
sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” Joh.