Page 767 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Na My V ader en Julle V ader”
763
sal weergalm saam met heidense hosannas, en die stemme van die
verloste leërskare sal uitroep, Kroon Hom, Here van aller here!
Met die elf dissipels is Jesus nou na die berg. Toe hulle deur die
poort van Jerusalem gaan, het nuuskierige oë die groepie aanskou,
gelei deur die Een wat n paar weke tevore voor die owerstes ver-
oordeel is om gekruisig te word. Die dissipels het nie geweet dat
dit hulle laaste onderhoud met hulle Meester sou wees nie. Jesus
het die tyd bestee om met hulle te praat, en het Sy vorige bevele
herhaal. Toe hulle Getsemane nader, het Hy gaan staan, sodat hulle
kon dink aan die lesse wat Hy hulle gegee het die aand van Sy lyde.
Weer het Hy na die wynstok gekyk wat Hy as beeld gebruik het van
die eenheid van Sy kerk met Hom en Sy Vader; weer het Hy die
waarhede herhaal wat Hy toe verkondig het. Orals rondom hulle was
daar herinneringe aan Sy versmaaide liefde. Selfs Sy dissipels wat
Hy so liefgehad het, het Hom in die uur van Sy vernedering verlaat.
Christus was vir drie-en-dertig jaar op die aarde; Hy het verag-
ting, beledigings en bespotting verduur; Hy is verwerp en gekruisig.
Nou, waar Hy op die punt staan om na Sy troon van heerlikheid op
te vaar; waar Hy dink aan die ondankbaarheid van die mense wat
Hy kom red het, sal Hy Sy medelyde en liefde aan hulle onttrek?
Sal Hy nie Sy liefde gee daar waar dit waardeer sal word, en waar
sondelose engele wag om Sy bevele uit te voer nie? Nee; Sy belofte
aan Sy geliefdes wat Hy op die aarde agterlaat, is, “Ek is met julle
al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.” Matt. 28: 20.
[850]
Op die Olyfberg aangekom, het Jesus vooruitgegaan tot op die
kruin, in die omgewing van Betanië. Daar het Hy gaan staan, en
die dissipels het by Hom gaan staan. Dit het geskyn of lig uit Sy
aangesig straal terwyl Hy hulle met liefde betrag. Hy het hulle nie
bestraf vir hulle foute en mislukkings nie; die laaste woorde wat
van Sy lippe gekom het, was die allerteerste woorde. Met Sy hande
uitgestrek in seën, asof Hy hulle wou verseker van Sy beskerming,
het Hy stadig opgevaar onder hulle uit, hemelwaarts getrek deur ’n
krag sterker as die aardse aantrekkingskrag. Namate Hy opwaarts
gegaan het, het die vreesbevange dissipels stip gekyk om die laaste
blik van die opstygende Here te kry. ’n Wolk van heerlikheid het
Hom vir hulle oë bedek; en
[851]
toe daardie wolke-wa van engele Hom wegneem, het hulle weer
die woorde gehoor, “Kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die