Page 766 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Na My V ader en Julle V ader”
DIE tyd het gekom vir Christus om op te vaar na Sy Vader se
troon. Soos ’n goddelike oorwinnaar het Hy op die punt gestaan om
terug te keer na die hemelhowe met die trofeë van die oorwinning.
Vóór Sy dood het Hy aan Sy Vader gesê, “Die werk wat U My gegee
het om te doen, het Ek volbring.” Joh. 17:4. Ná Sy opstanding het Hy
vir ’n tydjie op die aarde vertoef sodat Sy dissipels met Hom bekend
kon raak in Sy verrese, verheerlikte liggaam. Nou was Hy gereed om
hulle te verlaat. Hy het die feit bevestig dat Hy ’n lewende Verlosser
was. Sy dissipels hoef Hom nie langer met die graf te assosieer nie.
Hulle kon nou aan Hom dink as die verheerlikte in die hemelse
heelal.
Vir die plek van Sy hemelvaart het Jesus die plek gekies wat so
dikwels geheilig is deur Sy teenwoordigheid toe Hy onder die mense
gewandel het. Nie die berg Sion, die plek van Dawid se stad nie, en
ook nie die berg Moria, die staanplek van die tempel, sou so vereer
word nie. Dáár is Christus bespot en verwerp. Dáár is die strome van
genade, wat gevloei het in ’n vloedgolf van liefde, teruggedryf deur
harte so hard soos rotse. Daarvandaan het Jesus, moeg en met ’n
[849]
beswaarde hart gegaan om te gaan rus op die Olyfberg. Die heilige
glans, toe dit gewyk het uit die tempel, het daar op die oostelike
berg gerus asof dit teësinnig was om die uitverkore stad te verlaat;
so het Christus op die Olyfberg gestaan, en met ’n verlangende
hart Jerusalem betrag. Die boorde en klofies teen die berg was
geheilig deur Sy gebede en trane. Teen sy hellings is die gejuig
gehoor van die skare wat Hom as koning uitgeroep het. Daar ook
het Hy ’n tuiste gevind in die huis van Lasarus te Betanië. In die
tuin van Getsemane, aan die voet van die berg, het Hy alleen in
gebed geworstel. Vanaf hierdie berg sou Hy opvaar na die hemel.
Op die kruin van daardie berg sal Sy voete rus wanneer Hy weer
kom. Nie as man van smarte nie, maar as ’n heerlike, triomfantlike
Koning sal Hy op die Olyfberg staan, onderwyl Hebreeuse hallelujas
762