“
Gaan Leer Alle Nasies”
761
begeer om mense vry, rem, en heilig te maak. Alhoewel die Satan
werk om Sy p anne te verhinder, is daar nogtans deur Sy vergote
bloed vir die wêreld oorwinnings om te behaal wat God en die Lam
sal verheerlik Christus sal nie tevrede wees alvorens die oorwinning
volkome is me, en “weens die moeitevolle arbeid van Sy siel sal
Hy dit sien en ver- sadig word.” Jes. 53: 11. Al die volke van die
aarde sal die evangelie van Sy genade hoor. Nie almal sal Sy genade
aanneem nie; maar “ n nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word
van die Here aan die volgende geslag.” Ps. 22: 31. “Dan word die
koningskap en die eerskappy en die grootheid van die koninkryke
onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die
Allerhoogste,” en die aarde sal vol wees van die kennis van die Here
soos die waters die see- bodem oordek. “En hulle sal die Naam
van die Here vrees van die wes ekant af, en Sy heerlikheid van die
opgang van die son af.” Dan 7: 27; Jes. 11: 9; 59: 19.
“
Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie
boodskap bring; wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat
verlossing uitroep; wat vir Sion sê: Jou God is Koning! . . . Breek
uit, jubel almal saam puinhope van Jerusalem! Want die Here het
Sy volk getroos. ... Die Here het Sy heilige arm ontbloot voor die oë
van al die nasies en al die eindes van die aarde sal sien die heil van
onse God.” Jes. 52: 7-10.
[848]