Page 764 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

760
DIE KONING VAN DIE EEUE
mense van Hom, “uitnemender as tienduisend,” die Een “geheel en
al die lieflikheid self.” Hoogl. 5: 10, 16. Woorde alleen kan dit nie
vertel nie. Laat dit in die karakter weerkaats, en in die lewe geopen-
baar word. Elkeen van ons is “verordineer om gelykvormig te wees
aan die beeid van Sy Seun.” Rom. 8:29. Christus se lankmoedige
liefde, Sy heiligheid, sagmoedigheid, genade, en waarheid moet deur
ons aan die wêreld geopenbaar word.
Die eerste dissipels het uitgegaan en die Woord verkondig. Hulle
het Christus in hulle lewe geopenbaar. En die Here het saam met
hulle gewerk “en die woord bevestig deur die tekens wat daarop
gevolg het.” Markus 16: 20. Hierdie dissipels het hulleself voorberei
vir hulle werk. Vóór Pinkster het hulle saamgekom en alle geskille
uit die weg geruim. Hulle was eensgesind. Hulle het Christus se
belofte geglo dat die seën gegee sou word, en hulle het in geloof
gebid. Hulle het nie om ’n seën net vir hulleself gevra nie; hulle het
n las vir die redding van siele gedra. Die evangelie moes verkondig
word tot die uiterstes van die aarde, en hulle het aanspraak gemaak
op die krag wat Christus belowe het. Toe was dit dat die Heilige
Gees uitgestort is, en duisende het op een dag tot bekering gekom.
So kan dit vandag ook wees. Laat die Woord van God verkondig
word pleks van mense se gissings. Laat Christene hulle geskille uit
die weg ruim, en hulle aan God oorgee om verlorenes te red. Laat
hulle in geloof vra om die seën, en hulle sal dit ontvang. Die uitstor-
ting van die Gees in die dae van die apostels was die “vroeë reën, en
heerlik was die gevolge. Maar die “laat reën” sal oorvloediger wees.
Joël 2: 23.
[847]
Almal wat siel, liggaam, en gees aan God toewy, sal gedurig
nuwe liggaamlike en verstandelike krag ontvang. Die onuitputlike
bronne van die hemel is tot hulle beskikking. Christus gee aan
hulle Sy eie Gees en Sy eie lewe. Die Heilige Gees werk met al
Sy krag in hulle harte en verstand. Die genade van God vergroot
en vermenigvuldig hulle fakulteite, en al die volmaaktheid van die
goddelike natuur help hulle in hulle werk om siele te red. Deur
samewerking met Christus is hulle volmaak m Hom, en in hulle
menslike swakheid is hulle in Staat om die werke van die Almagtige
te doen.
Die Heiland verlang om Sy genade te openbaar, en Sy karakter
op die hele wêreld af te druk. Dit is Sy losgekoopte eiendom. Hy