Page 763 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Gaan Leer Alle Nasies”
759
wat Hy gesê het, nie alleen persoonlik nie, maar deur die profete
en leraars van die Ou Testament, moes ingesluit word. Menslike
leer moes uitgesluit word. Daar is geen plek vir tradisie, vir mense
se teorieë en besluite, of vir kerkwette nie. Geen wette gemaak
deur die geestelikes is in die opdrag opgeneem nie. Nie een van
daardie dinge moet Christus se dienaars leer nie. “Die wet en die
profete,” met die verslag van Sy eie woorde en dade, is die skat wat
aan die dissipels toevertrou is om aan die wéreld gegee te word.
Die Naam van Christus moes hulle slagspreuk wees, die teken van
hulle onderskeiding, die band van hulle eenheid, die gesag vir hulle
optrede, die bron van hulle sukses. Niks wat nie Sy Naam dra, moes
in Sy koninkryk erken word nie.
Die evangelie moet verkondig word, nie as ’n lewenlose storie
nie, maar as ’n lewende krag tot verandering van die lewe. God
wil hê dat die ontvangers van Sy genade moet getuig van die krag
daarvan. Selfs die snoodste sondaars sal Hy aanneem; wanneer hulle
tot bekering kom, gee Hy aan hulle Sy goddelike Gees, stel hulle in
verantwoordelike betrekkings aan, en stuur hulle uit in die kamp van
die ontroues om Sy grenslose genade te verkondig. Hy wil hê dat
Sy dienaars moet getuig van die feit dat mense deur Sy genade ’n
Christelike karakter kan vorm, en hulle kan verbly in die versekering
van Sy groot liefde. Hy wil hê dat ons moet getuig van die feit dat
Hy nie tevrede kan wees totdat die mensdom gered en herstel is in
hulle heilige voorregte as Sy seuns en dogters nie.
In Christus is die sagmoedigheid van ’n herder, die liefde van ’n
ouer, en die weergalose genade van ’n ontfermende Heiland. Hy stel
[846]
Sy seëninge op die aantreklikste wyse voor. Hy is nie tevrede om
slegs die seëninge aan te kondig nie; Hy stel hulle op die aantreklik-
ste manier voor om die mense gretig te maak om hulle aan te neem.
So ook moet Sy dienaars die voortreflikheid van die heerlikheid
van die onuitspreeklike Gawe voorstel. Die wonderbare liefde van
Christus sal harte versag wanneer die herhaling van leerstellings
niks sal uitrig nie. “Troos, troos My volk, sê julle God. . . . o Sion,
verkondiger van goeie boodskap, klim op ’n hoë berg! o Jerusalem,
verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit
op, wees nie bevrees nie! Sê vir die stede van Juda: Hier is julle God!
...
Hy sal Sy kudde laat wei soos ’n herder; Hy sal die lammers in Sy
arm bymekaarmaak en aan Sy bors dra.” Jes. 40: 1, 9-11. Vertel die