758
DIE KONING VAN DIE EEUE
nasies, het Hy gesê, “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die
voleinding van die wêreld.” Om Sy juk op te neem, is een van die
eerste voor- waardes vir die ontvangs van Sy krag. Die lewe van die
kerk is afhanklik van sy getrouheid in die vervulling van die Here se
opdrag. Om hierdie werk te verwaarloos, is om geestelike swakheid
en verwording te verwelkom. Waar daar geen aktiewe werk vir ander
is nie, verflou die liefde en verdof die geloof.
Christus verwag dat Sy dienaars die kerk moet leer om evangelie-
werk te doen. Hulle moet die mense leer hoe om die verlorenes op te
soek en te red. Maar is dit die werk wat hulle doen? Helaas, hoe baie
is daar nie wat met groot inspanning probeer om te verhoed dat die
vonkie van lewe wat daar nog in die kerk is, heeltemal doodgaan nie!
Hoeveel kerke moet versorg word soos siek lammers deur diegene
wat na verlore skape behoort te soek! En dit terwyl miljoene en
miljoene sonder Christus sterf.
Die goddelike liefde is tot onpeilbare dieptes ontroer vir die
ontwil van mense, en die engele staan verbaas waar hulle sien dat
diegene aan wie soveel liefde betoon is, so min dankbaarheid toon.
Die engele is verwonder oor die swak waardering van die liefde van
God deur die mense. Die Hemel is verontwaardig oor die verwaar-
losing van die siele van mense. Wil ons weet hoe Christus dit alles
beskou? Hoe sou ’n vader en moeder voel as hulle weet dat hulle
kind, verdwaal in die sneeu, aan sy lot oorgelaat is deur diegene wat
hom kon gered het? Sou hulle nie baie gegrief en baie verontwaardig
wees nie? Sou hulle nie daardie moordenaars bestraf met ’n woede
so warm as hulle trane
[845]
en so intens as hulle liefde nie? Die lyding van elke mens is die
lyding van Gods kind, en diegene wat nie die hand uitsteek om hulle
beswykende medemens te help nie, verwek Gods regverdige toorn
Dit is die toorn van die Lam. Aan diegene wat aanspraak gemaak het
op gemeenskap met Hom, maar wat onverskillig gestaan het teenoor
die behoeftes van hulle medemens, sal Hy in die groot oordeel sê,
“
Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al
julle werkers van die ongeregtigheid!” Lukas 13: 27.
In die opdrag aan Sy dissipels, het Christus nie alleen hulle werk
omskryf nie, maar Hy het hulle ook die boodskap gegee. Leer die
mense, het Hy gesê, “om alles te onderhou wat Ek julle beveel het
”
Die dissipels moes die mense leer wat Christus geleer het. Alles