Page 761 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Gaan Leer Alle Nasies”
757
van God. Die Groot Geneesheer wat die siekes in Palestina genees
het, het tot Sy volk gespreek uit die wolkkolom, en aan hulle gesê
wat hulle moes doen, en wat God vir hulle sou doen. “As jy getrou na
die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in Sy oë, en
luister na Sy gebooie en al Sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van
die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is
die Here wat jou gesondmaak.” Exod. 15: 26. Christus het aan Israel
bepaalde instruksies gegee aangaande hulle lewensgewoontes, en Hy
het hulle verseker, “Die Here sal elke krankheid van jou wegneem.”
Deut. 7: 15. Toe hulle die voorwaardes nagekom het, is die belofte
aan hulle vervul. “Onder sy stamme was daar niemand wat struikel
nie ” Ps. 105: 37.
Hierdie lesse is vir ons bedoel. Vir almal wat gesond wil wees
is daar voorwaardes om na te kom. Almal moet leer wat die voor-
waardes is. Onkunde omtrent Sy wette behaag die Here nie, of dit
die natuurwette of die geestelike wette is. Ons moet saam met God
werk om die gesondheid van sowel liggaam as siel te herstel.
En ons moet ander leer hoe om hulle gesondheid te bewaar en
te herstel. Vir die siekes moet ons die rate gebruik wat God in die
natuur voorsien het, en ons moet hulle wys op die Een wat hulle
kan genees. Dit is ons werk om die siekes en lydendes in die arms
van geloof aan Christus op te dra. Ons moet hulle leer om in die
Groot Geneesheer te glo. Ons moet Sy belofte aanneem, en bid vir
die openbaring van Sy krag. Die kern van die evangelie is genesing,
en die Heiland wil hê dat ons die siekes, die hopelose, en lydendes
moet help om Sy krae beet te neem.
[844]
Die krag van liefde was in al Christus se genesing, en slegs
deur deelgenote te word van daardie liefde, in geloof, kan ons as
werktuie in Sy werk gebruik word. As ons nalaat om ons deur die
goddelike band met Christus te verbind, sal die lewegewende krag
nie in sterk strome van ons tot die mense kan vloei nie. Daar was
plekke waar die Heiland self nie baie magtige werke kon doen nie
weens die ongeloof van die mense. En so skei ongeloof vandag
ook die kerk van sy goddelike Helper. Die kerk se hoüvas op die
ewige werklikhede is swak. Deur die gebrek aan geloof word God
teleurgestel, en beroof van Sy heerlikheid.
Dit is wanneer hy Christus se werk doen dat die kerk die be-
lofte van Sy teenwoordigheid het. Gaan maak dissipels van al die