Page 760 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

756
DIE KONING VAN DIE EEUE
Dit is die voorreg van Gods kinders; en in geloof moet hulle alles
aanneem wat moontlik is om te verkry deur geloof.
Op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.”
Hierdie wêreld is vol melaatses, maar Christus het gekom om die
siekes te genees, en om die gevangenes van die Satan vry te laat.
In Homself was Hy gesondheid en krag. Hy het Sy lewe aan die
siekes, aan die lydendes en aan die duiwelbesetenes meegedeel.
Hy het niemand weggestuur wat gekom het om Sy lewegewende
krag te ontvang nie. Hy het geweet dat diegene wat Hom om hulp
kom smeek het, self die siekte op hulle gebring het, maar Hy het
nie geweier om hulle te genees nie. En wanneer krag van Christus
uitgegaan het na hierdie arme siele, is hulle oortuig van die sonde,
en baie van hulle is genees van hulle geestelike sowel as hulle
liggaamlike kwale. Die evangelie het nog dieselfde krag, en waarom
sou ons vandag nie dieselfde resultate sien nie?
Christus voel die ellende van elke lydende. Wanneer bose geeste
die menslike liggaam teister, voel Christus die vloek. Wanneer koors
die lewe uit ’n liggaam blus, voel Christus die foltering. Hy is vandag
net so gewillig om die siekes te genees as Hy was toe Hy persoonlik
op die aarde was. Christus se dienaars is Sy verteenwoordigers, die
kanale deur wie Hy werk. Deur hulle wil Hy Sy genesende krag
beoefen.
In die Heiland se metode van genesing was daar lesse vir Sy
dissipels. By een geleentheid het Hy klei aan die oë van ’n blinde
man gesmeer, en hom beveel, “Gaan was jou in die bad van Siloam.
. . .
En hy het gegaan en hom gewas; en toe hy kom, sien hy.” Joh.
9:7.
Alleen die Groot Geneesheer kon die genesing gee, en tog het
Christus eenvoudige natuurmiddels aangewend. Hoewel Hy nie die
[843]
gebruik van medisynes voorgestaan het nie, het Hy tog die gebruik
van eenvoudige natuurmiddels goedgekeur.
Aan baie van die siekes wat Christus genees het, het Hy gesê,
Moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur
nie.” Joh. 5: 14. So het Hy geleer dat siekte veroorsaak word deur die
oortreding van Gods wette, beide die natuurwette en die geestelike
wette. Die vreeslike eilende wat in die wêreld is, sou nie daar gewees
het as die mense meer volgens die Skepper se plan geleef het nie.
Christus was die gids en leraar van Israel van ouds, en Hy het hulle
geleer dat gesondheid die loon is van gehoorsaamheid aan die wette