Page 759 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Gaan Leer Alle Nasies”
755
van Christus se werkers begin net waar hy is. In ons eie gesinne
is daar siele wat miskien honger is vir medelyde, en smag na die
brood van die lewe. Daar mag kinders wees om op te lei vir Christus.
Daar is hei- dene voor ons eie deure. Laat ons getrou die werk
doen wat naaste aan ons is. Daarna kan ons ons arbeidskring uitbrei
sover as wat Gods hand ons mag lei. Die werk van vele mag deur
omstandighede beperk wees; maar waar dit ook mag wees, as dit
met geloof en ywer gedoen word, sal die invloed daarvan tot die
uiteindes van die aarde gevoel word. Toe Christus op aarde was, het
dit geskyn of Sy arbeidsveld beperk was, maar talle uit ander lande
het Sy boodskap gehoor. God gebruik dikwels die eenvoudigste
middels om die grootste resultate te behaal. Dit is Sy plan dat elke
deel van Sy werk afhanklik sal wees van elke ander deel, en dat dit
soos ratte in ’n wiel in harmonie sal werk. Die nederigste werker,
besiel met die Heilige Gees, sal onsigbare snare aanraak, die trillings
waarvan tot die uithoeke van die aarde sal strek in ’n melodie wat
deur die ewigheid gehoor sal word.
Maar die opdrag, “Gaan die hele wêreld in,” moet nie uit die oog
verloor word nie. Ons word geroep om te kyk “na die plekke ander-
kant julle.” Christus breek die skeidsmuur van nasionale vooroordeel
af, en leer liefde vir die hele mensdom. Hy verhef mense uit die enge
kring van eiebelang; Hy verban alle landsgrense, en kunsmatige
sosiale Stande. Hy maak geen verskil tussen bure en vreemdelinge,
vriende en vyande nie. Hy leer ons om elke behoeftige siel te beskou
as ons broeder, en die wêreld as ons arbeidsveld.
Toe die Heiland gesê het, “Gaan . . . maak dissipels van al die
nasies,” het Hy ook gesê, “En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens
volg: In My Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle
[842]
spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal
dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en
hulle sal gesond word.” Hierdie belofte is net so verreikend as die
opdrag. Dit is nie dat elke werker al die gawes sal hê nie. Dit is
gawes wat die Heilige Gees “aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy
wil.” 1 Kor. 12: 11. Maar die gawes van die Gees is belowe aan elke
gelowige volgens sy behoefte in die Here se werk. Die belofte is
vandag nog net soseer van krag, en net so betroubaar as in die dae
van die apostels. “Vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg.”