754
DIE KONING VAN DIE EEUE
beloof. Die dissipels moes vir ander nasies gaan preek, en hulle
sou die gawe ontvang om in ander tale te spreek. Die apostels en
hulle medewerkers was nie eintlik geleerde mense nie, maar deur
die uitstorting van die Heilige Gees op Pinkster, het hulle taal, of
dit hulle eie of ’n vreemde was, suiwer en eenvoudig geword; die
woorde en uitspraak was reg.
So het Christus dan aan Sy dissipels hulle opdrag gegee. Hy het
alle voorsiening gemaak vir die voortsetting van die werk, en self die
verantwoordelikheid vir die sukses daarvan aanvaar. Solank hulle Sy
woord gehoorsaam, en saam met Hom werk, sou hulle nie faal nie.
Gaan na alle volke, het Hy hulle beveel. Gaan na die verste uithoeke
van die aarde, en weet dat My teenwoordigheid by julle sal wees.
Werk in geloof en vertroue, want die tyd sal nooit kom dat Ek julle
sal verlaat nie.
Die Heiland se opdrag aan die dissipels het alle gelowiges in-
gesluit. Dit sluit alle gelowiges in Christus in tot die einde van tyd.
Dit is n baie groot fout om te meen dat die werk om siele te red net
deur geordende predikante gedoen moet word. Aan almal wat die
hemelse inspirasie ontvang het, is die verkondiging van die evangelie
toevertrou. Almal wat die lewe van Christus ontvang, is georden om
te werk vir die redding van hulle medemens. Dit is vir hierdie werk
dat die kerk georganiseer is, en almal wat by die kerk aansluit, word
daardeur medewerkers van Christus.
“
Die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê:
Kom! Openb.“ 22: 17. Almal wat dit hoor, moet die uitnodiging aan
ander gee. Wat ’n mens se roeping in hierdie lewe ook mag wees,
jou eerste plig is om siele vir Christus te wen. ’n Persoon mag nie
vir gemeentes kan preek nie, maar hy kan wel vir indiwidue werk,
en hy kan aan hulle die dinge meedeel wat hy van sy Here geleer
[841]
het. Die bediening bestaan nie uit preek-alleen nie. Ook diegene
dien wat die siekes verpleeg, die armes help, en die neerslagtiges
en swakkes in die geloof vertroos. Orals rondom ons is daar siele
wat gebuk gaan onder die las van die sonde. Dit is nie swaarkry,
werk, of armoede wat mense verlaag nie. Dit is die sondeskuld en
sonde-doen. Dit bring onrustigheid en ontevredenheid. Christus wil
hê dat Sy dienaars sonde-sieke siele moet help.
Die dissipels moes hulle werk begin waar hulle was. Die moei-
likste arbeidsveld moes hulle nie verbygaan nie. So moet elkeen