“
Gaan Leer Alle Nasies”
753
hulle moes die evangelie verkondig word. Hulle moes tot bekering
geroep word. Die wonderbare waarheid dat daar vergifnis van sondes
is deur Christus alleen, moes verduidelik word. Terwyl Jerusalem in
beroering was ten gevolge van die gebeurtenisse van die afgelope
paar weke, sou die prediking van die evangelie die grootste indruk
maak.
Maar die werk moes nie daar ophou nie. Dit moes tot die verste
uithoeke van die aarde geneem word. Aan Sy dissipels het Christus
gese, Julie was getuies van My lewe van selfopoffering ten behoewe
van die wêreld. Julle het My werk vir Israel gesien. Al wou hulle nie
na My toe kom sodat hulle die lewe kon hê nie, al het die priesters
aan My gedoen net wat hulle wou, en al het hulle My verwerp soos
die Skrifte voorspel het, sal hulle nog ’n kans kry om die Seun van
God aan te neem. Julie het gesien dat Ek almal wat na My toe gekom
het en hulle sondes bely, vryelik vergewe het. Ek sal hom wat na
My toe kom, nooit uitwerp nie. Almal wat wil, kan met God versoen
word, en die ewige lewe ontvang. Aan julle, My dissipels, vertrou Ek
hierdie genadeboodskap toe. Dit moet eerste aan Israel gegee word
en dan aan alle nasies en tale en volke. Dit moet verkondig word aan
Jode en heidene. Almal wat glo moet tot een kerk versamel word.
Deur die gawe van die Heilige Gees sou die dissipels wonder-
baarlike krag ontvang. Hulle getuienis sou bevestig word deur tekens
en wonders. Wonderwerke sou geskied, nie net deur die apostels
nie, maar ook deur diegene wat hulle boodskap aanneem. Jesus het
gesê, “In My Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle
spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal
dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en
hulle sal gesond word.” Markus 16: 17, 18.
[840]
Destyds is mense dikwels vergiftig. Gewetenlose mense het nie
geskroom om ander wat in hulle pad gestaan het, op hierdie wyse
uit die weg te ruim nie. Jesus het geweet dat Sy dissipels in daardie
gevaar sou kom. Baie sal meen dat hulle God ’n diens bewys as
hulle Sy getuies om die lewe bring. Hy het dus belowe om hulle te
beskerm teen hierdie gevaar.
Die dissipels sou dieselfde krag hê as Jesus om “elke siekte
en elke kwaal onder die volk” te genees. Deur in Sy Naam die
siektes van die liggaam te genees, sou hulle getuig van Sy krag om
die siel te genees. Matt. 4: 23; 9:6. En daar is ook ’n nuwe gawe