Page 756 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

752
DIE KONING VAN DIE EEUE
het aan Sy dissipels opdrag gegee om ’n geloof en godsdiens te
verkondig wat nie beperk sou wees deur kaste of lande nie, ’n geloof
aangepas by alle volke, nasies, en klasse van mense.
Voordat Hy Sy dissipels verlaat het, het Christus duidelik die
aard van Sy koninkryk verklaar. Hy het hulle herinner aan wat Hy
tevore aan hulle gesê het daaromtrent. Hy het gesê dat dit nie Sy
doel was om ’n stoflike koninkryk in hierdie wêreld op te rig nie,
maar ’n gees- telike koninkryk. Hy sou nie regeer as ’n aardse
koning op die troon van Dawid nie. Weer het Hy die Skrifte aan
hulle verduidelik en aangetoon dat alles wat Hy deurgemaak het in
die hemel so beskik was in die raadsbesluite tussen die Vader en
Homself. Alles is voorspel deur manne geïnspireer deur die Heilige
Gees. Hy het gesê: Julle sien dat alles wat Ek aan julle geopenbaar
het aangaande My verwerping as die Messias, vervul is. Alles wat
Ek gesê het aangaande die vernedering wat Ek sou ondergaan, en
die dood wat Ek sou sterf, het gebeur. Op die derde dag het Ek weer
opgestaan. Ondersoek die Skrifte meer ywerig, en julle sal sien dat
die voorspellings van die profesieë in al hierdie dinge aangaande
My vervul is.
Christus het Sy dissipels beveel om die werk te doen wat Hy
aan hulle gegee het, beginnende in Jerusalem. Jerusalem was die
plek waar Sy neerbuigende liefde vir die mensdom geopenbaar is.
Daar het Hy gely, en is Hy verwerp en veroordeel. Judea was Sy
geboorteland. Daar het Hy, in die menslike vlees, onder die mense
gewoon, en baie min het besef hoe naby die aarde aan die hemel
gekom het toe Jesus onder hulle gewandel het. In Jerusalem moes
die werk van die dissipels begin.
[839]
Met die oog op alles wat Christus daar gely het, en Sy ongewaar-
deerde diens, kon die dissipels moontlik gevra het om ’n meer
belowende arbeidsveld; maar hulle het nie met so ’n versoek voor
die dag gekom nie. Juis die grond waar Hy die saad gesaai het,
moes bewerk word deur die dissipels, en die saad sou opkom en ’n
groot oes lewer, n hulle werk sou die dissipels vervolg word deur die
jaloesie en haat- draendheid van die Jode; maar so is hulle Meester
reeds vervolg en hulle moes nie daarvoor vlug nie. Die genade moes
die eerste aangebied word aan diegene wat die Heiland vermoor het.
En in Jerusalem was daar baie wat in die geheim in Jesus geglo
het, en ook baie wat deur die priesters en owerstes bedrieg is. Aan