“
Gaan Leer Alle Nasies”
751
voete het hulle die merke van die kruisiging gesien; Sy gelaat was
die gelaat van God, en toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid.
Maar sommige het nog getwyfel. So sal dit altyd wees. Daar is
diegene wat dit moeilik vind om geloof te beoefen, en hulle plaas
hulleself aan die kant van twyfel. Sulke mense verloor baie weens
hulle ongeloof.
Dit was die enigste ontmoeting van Jesus met baie van die gelo-
wiges ná Sy opstanding. Hy het die volgende woorde aan hulle gesê:
“
Aan My is gegee alle mag in hemel en op aarde.” Die dissipels het
Hom aanbid voor Hy gepraat het, maar Sy woorde, komende van
lippe wat gesluit was in die dood, het hulle diep ontroer. Hy was nou
die verrese Heiland. Baie van hulle het Sy krag gesien toe Hy die
siekes genees, en die werktuie van die Satan bestraf het. Hulle het
geglo dat Hy die mag gehad het om Sy koninkryk in Jerusalem op te
rig, om alle teenstand te oorwin, en die natuurkragte te beheers. Hy
het die onstuimige meer tot bedaring gebring; Hy het op die woeste
bare geloop; Hy het die dode lewendig gemaak. Nou het Hy gesê
dat “alle mag aan Hom gegee is.“ Sy woorde het die gedagtes van
die toehoorders gevoer bokant die aardse en stoflike dinge, na die
hemelse en die ewige. Hulle is gevoer tot die hoogste begrip van Sy
waardigheid en heerlikheid.
Christus se woorde teen die berghelling het aangekondig dat Sy
opoffering ten behoewe van die mens volkome en volledig was. Die
voorwaardes van die verlossing is vervul; die werk wat Hy op die
aarde kom doen het, was volbring. Hy was op weg na die troon van
God, om geëer te word deur die engele, die owerhede, en die magte.
Hy het Sy middelaarswerk begin. Beklee met onbeperkte gesag,
het Hy Sy opdrag aan die dissipels gegee, “Gaan dan heen, maak
dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader
[838]
en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou
wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die
voleinding van die wêreld.” Matt. 28: 19, 20.
Die Joodse volk was aangestel as die bewaarders van die heilige
waarhede; maar fariseïsme het hulle die mees eksklusiewe, en die
mees bekrompe van al die nasies gemaak. Alles omtrent die priesters
en owerstes -— hulle kleredrag, gewoontes, seremonies, tradisies —
het hulle ongeskik gemaak om die lig van die wêreld te wees. Hulle
het hulleself, die Joodse volk, as die wêreld beskou. Maar Christus