Page 754 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Gaan Leer Alle Nasies”
ONMIDDELLIK vóór Sy hemelvaart, het Christus die volgende
opdrag aan Sy dissipels gegee: “Aan My is gegee alle mag in hemel
en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies.”
Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse
mensdom.” Markus 16: 15. Hierdie woorde is dikwels herhaal, sodat
die dissipels die volle betekenis daarvan kon begryp. Op al die
aardbewoners, wat hulle sosiale stand mag wees, op rykes en armes,
moes die lig van die hemel in helder, sterk strale skyn. Die dissipels
moes medewerkers van die Verlosser wees in die redding van die
wêreld.
Hierdie opdrag was die eerste keer aan die twaalf gegee toe
Christus hulle daar in die bovertrek ontmoet het; maar nou het Hy
dit aan ’n groter getal gegee. Daar op die berg in Galilea, het al die
dissipels wat bymekaar geroep kon word, vergader. Christus self het
vóór Sy dood die tyd en plek van hierdie byeenkoms aangewys. By
die graf het die engel die dissipels herinner aan Sy belofte om hulle
in Galilea te ontmoet. Die belofte is herhaal aan die gelowiges wat in
Jerusalem vergader het gedurende die paasweek, en deur hulle het dit
baie van die afgeleë gelowiges bereik wat getreur het oor hulle Here.
Met die grootste belangstelling het hulle vooruitgesien na hierdie
ontmoeting. Hulle het met ompaaie na die vergaderplek gegaan,
en het uit verskillende rigtings aangekom om nie die agterdog van
die afgunstige Jode op te wek nie. Met nuuskierige harte het hulle
gekom; omtrent vyfhonderd gelowiges het daar in klompies teen die
[837]
berghelling saam- gekom, gretig om alles- te hoor van diegene wat
Christus gesien het sedert Sy opstanding. Die dissipels het van groep
tot groep gegaan | en vertel wat hulle van Jesus gesien en gehoor
het, en bewyse uit die Skrifte aangevoer soos Hy vir hulle gedoen
het. Thomas het vertel van sy ongeloof, en hoe sy twyfel uit die weg
geruim is. Skielik het Jesus onder hulle verskyn. Niemand kon sê
hoe, of waarvandaan, Hy gekom het nie. Baie van die wat aanwesig
was, het Hom nog nooit tevore gesien nie; maar aan Sy hande en
750