Page 751 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

W eer Eens by die Meer
747
Heiland sy toekomstige loopbaan aan hom geopenbaar. Hy het hom
meegedeel dat hy, ná n lewe van bruikbaarheid, wanneer sy kragte
sou afneem weens ouderdom, wel sy Here sou volg. Jesus het gesê,
Toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou;
maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en ’n
ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie. En dit het
Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou verheerlik.”
Jesus het aan Petrus geopenbaar hoe ’n dood hy sou sterf; Hy
het selfs voorspel hoe sy hande aan die kruis uitgestrek sou word.
Weer het Hy aan Sy dissipel gesê, “Volg My.” Die openbaring het
Petrus nie mismoedig gemaak nie. Hy was gewillig om watter dood
ookal vir sy Here te sterf.
Tot op hierdie punt het Petrus Christus slegs na die vlees geken,
net soos baie Hom van dag ook ken; maar nou sou hy nie meer so
beperk word nie. Hy het Hom nie meer geken soos hy Hom geken
het in Sy mensheid nie. Hy het Hom eers liefgehad as ’n mens, ’n
leraar van die hemel gestuur; maar nou het hy Hom liefgehad as
God. Hy het die les geleer dat Christus vir Hom alles en in alles was.
Nou was hy gereed om n aandeel te hê in Christus se sending van
selfopoffering. Toe hy eindelik na die kruis gebring is, is hy op sy
eie versoek gekruisig met sy hoof na benede. Hy het gemeen dat dit
n te groot eer sou wees om op dieselfde wyse gekruisig te word as
sy Meester.
Die woorde, “Volg My,” was vir Petrus van groot betekenis. Nie
alleen vir sy dood nie, maar vir elke stap van die lewe is die les
gegee. Voorheen was Petrus geneig om onafhanklik op te tree. Hy
het ge- probeer om Gods werk te beplan, maar hy sou niks daarby
win om voor die Here uit te loop nie. Jesus het aan hom gesê, “Volg
[834]
My.“ Moenie voor My uit loop nie. Dan sal jy nie alleen teen die
magte van die Satan hoef te staan nie. Laat My voor jou loop, en
dan sal die vyand jou nie oorwin nie.
Terwyl Petrus daar saam met die Here gestap het, het hy Johannes
sien aankom agter hulle. Petrus wou baie graag weet wat Johannes
se toekoms sou wees, en hy het aan Jesus gevra, “Here, maar wat
van hom? Jesus sê vir hom: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom,
wat gaan dit jou aan? Volg jy My.” Petrus moes daaraan gedink het
dat sy Here alles aan hom sou openbaar wat nodig was vir hom
om te weet. Dit is die plig van almal om Christus te volg, sonder