748
DIE KONING VAN DIE EEUE
om besorg te wees oor die werk wat aan ander gegee is. Deur van
Johannes te sê, “As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom,” het Jesus
hom geen ver- sekering gegee dat daardie dissipel sou aanhou lewe
tot die Here se wederkoms nie. Hy wou maar net Sy oppergesag
handhaaf, en Petrus laat verstaan dat al sou Hy Johannes laat lewe
totdat Hy kom, dit geen- sins die opdrag aan Petrus sou affekteer
nie. Die toekoms van beide Johannes en Petrus was in die hande van
die Here. Gehoorsaamheid in die navolging van Hom was die plig
van albei.
Hoeveel is daar nie vandag wat soos Petrus is nie! Hulle stel
belang in die sake van ander, en is besorg oor hulle pügte, terwyl
hulle hulle eie verwaarloos. Dit is ons werk om op Christus te sien en
Hom te volg. Ons sal foute sien in die lewe van ander, en gebreke in
hulle karakter. Die menslike vlees is swak. Maar in Christus sal ons
volmaaktheid vind. Deur Hom te aanskou, sal ons verander word.
Johannes het baie oud geword. Hy het die verwoesting van Je-
rusalem gesien en van die pragtige tempel —’n simbool van die
verwoesting van die wereld. Tot die laaste toe het hy die Here getrou
gevolg. Die kern van sy getuienis was, “Geliefdes, laat ons mekaar
liefhê;” “hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.” 1 Joh.
4: 7, 16.
Petrus is herstel in sy apostelskap, maar die eer en gesag wat hy
van Christus ontvang het, was nie ’n aanstelling oor sy broeders nie.
Dit het Christus baie duidelik gestel in antwoord op Petrus se vraag,
“
Here, wat van hom?” Hy het geantwoord, “Wat gaan dit jou aan?
Volg jy My.” Petrus is nie aangestel as hoof van die kerk nie. Die
genade wat Christus hom betoon het deur sy afvalligheid te vergewe,
[835]
en die voeding van Sy kudde aan hom op te dra. en ook Petrus se eie
getrouheid in die navolging van Christus, het vir hom die vertroue
van sy broeders gewin. Hy het groot invloed gehad in die kerk. Maar
die les wat Christus hom geleer het by die meer van Galilea, het
Petrus sy hele lewe lank onthou. Onder die ingewing van die Heilige
Gees het hy aan die kerke geskryf:
“
Ek vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat ’n mede-ouder-
ling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook ’n deelgenoot is
aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word: Hou as herders opsig
oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar
gewillig; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid; en ook