746
DIE KONING VAN DIE EEUE
nie geskik vir hierdie werk nie, en hy het ook nie die belangrikheid
daarvan besef nie; maar dit was die werk waartoe Christus hom
nou geroep het. Die ervaring wat hy gehad het, en sy lyding en
boetvaardigheid het hom daarvoor geskik gemaak.
Vóór sy val het Petrus onbesonne dinge gesê in die drif van die
oomblik. Hy was altyd klaar om ander reg te help en om sy mening
te lug sonder dat hy homself verstaan en geweet het wat hy wou sê.
Maar die bekeerde Petrus was nou ’n ander mens. Hy het sy vorige
ywer behou, maar die genade van Christus het dit getemper. Hy was
nie langer voortvarend, selfvoldaan, en hoofvaardig nie, maar kalm,
verstandig, en geseglik. Hy kon nou die lammers sowel as die skape
van Christus se kudde voed.
In die Heiland se handelwyse met Petrus was daar ’n les vir
hom en vir sy broeders. Dit het hulle geleer om met die oortreder
te handel met geduld, medelyde, en vergewende liefde. Alhoewel
Petrus sy Here verloën het, het die liefde van Jesus vir hom nooit
gewankel nie. Sulke liefde moet die medeherder vir die skape en
lammers hê wat aan sy sorg toevertrou is. Bewus van sy eie swakheid
en mislukking, moes Petrus net so sagmoedig met die kudde handel
as wat Christus met hom gehandel het.
Die vraag wat Christus aan Petrus gestel het, was baie betekenis-
vol. Hy het net een voorwaarde van dissipelskap en diens genoem,
naamlik, “Het jy My lief?” Dit is die allerbelangrikste kwalifikasie.
Al sou Petrus alle bekwaamheid gehad het, sou hy sonder liefde
vir Christus nie n getroue medeherder van die Here se kudde kon
wees nie. Kennis, goedhartigheid, welsprekendheid, dankbaarheid,
en ywer is almal hulpmiddels in die goeie werk; maar sonder die
[833]
liefde van Jesus in die hart, sal die werk van die Christen-predikant
’
n mislukking wees.
Jesus het alleen saam met Petrus gestap, want daar was iets wat
Hy alleen aan hom wou sê. Voor Sy dood het Jesus aan hom gesê,
“
Waar Ek heengaan, kan jy My nou nie volg nie, maar later sal jy
my volg.” Daarop het Petrus geantwoord, “Here, waarom kan ek
U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U gee.” Joh. 13: 36, 37.
Toe hy dit gesê het, het hy min geweet langs watter weë Christus
se voetstappe sou gaan. Petrus het gefaal toe die toets gekom het,
maar hy sou weer ’n geleentheid kry om sy liefde vir Christus te
bewys. Om hom te versterk vir die finale toets van sy geloof, het die