W eer Eens by die Meer
745
sy getroue toewyding nie. Om oor sy opregtheid te oordeel, beroep
hy hom nou op die Een wat die hart kan lees, en sê hy, “U weet dat
ek U liefhet.” En Jesus gee hom die opdrag, “Laat My lammers wei.”
Weer het Jesus vir Petrus getoets, en Sy vorige vraag herhaal:
“
Simon, seun van Jona, het jy My lief?” Hierdie keer het Hy Petrus
nie gevra of hy Hom liewer het as sy broeders nie. Petrus se tweede
antwoord was soos sy eerste, sonder daardie besliste selfvertroue:
“
Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.” Jesus het aan hom gesê, “Pas My
skape op.” Nog eens het die Heiland die toetsvraag gestel: “Simon,
seun van Jona, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword;”hy het
gemeen dat Jesus aan sy liefde getwyfel het. Hy het geweet dat
sy Here rede gehad het om hom te wantrou, en hartseer het hy
geantwoord, “Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet.” Toe het
Jesus weer aan hom gesê, “Laat My skape wei.”
Driemaal het Petrus sy Here openlik verloën, en driemaal het
Jesus van hom die versekering van sy lojaliteit verkry, met die vraag
wat soos n dolksteek in sy hart was. In die teenwoordigheid van
die dissipels wat daar bymekaar was, het Jesus die opregtheid van
Petrus se bekering geopenbaar, en Hy het getoon hoe nederig hierdie
dissipel nou was wat eentyd so grootgepraat het.
Petrus was van nature voortvarend, en die Satan het gebruik
gemaak van daardie karaktertrekke om hom tot ’n val te bring.
Net vóór Petrus se val, het Jesus aan hom gesê, “Die Satan het
vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid,
dat jou geloof nie mag ophou nie; en as jy eenmaal bekeerd is,
moet jy jou broeders versterk.“ Lukas 22: 31, 32. Daardie tyd het
nou gekom, en die veran- dering in Petrus was klaarblyklik. Die
[832]
deurdringende toetsvrae van die Here het nie een voortvarende,
selfvoldane antwoord uitgelok nie; en ten gevolge van sy vernedering
en bekering was Petrus nou beter toe- gerus as ooit tevore, om as
herder van die skape op te tree.
Die eerste werk wat Christus aan Petrus opgedra het toe Hy hom
weer in die bediening herstel het, was om die lammers te voed. Dit
was werk waarvan Petrus min ondervinding gehad het. Hy sou baie
versigtig, sagmoedig, geduldig, en volhardend moet werk. Hy sou
werk vir diegene wat jonk in die geloof is, die onkundiges moet
onder- rig, die Skrifte aan hulle moet openbaar, en hulle leer om
bruikbaar te wees in die diens van Christus. Voor sy val was Petrus