744
DIE KONING VAN DIE EEUE
onthef het van die verantwoordelikheid om die werk te doen wat
Hy hulle gegee het nie. Alhoewel Hy nie meer persoonlik by hulle
sou wees nie, en hulle die bron van hulle vorige inkomste sou moes
verlaat, sou die verrese Heiland nog vir hulle sorg. Terwyl hulle Sy
werk doen, sou Hy voorsien in hulle behoeftes. En Jesus het ’n doel
gehad met die bevel dat hulle die net moes laat sak aan die regterkant
van die skuit. Hy het aan daardie kant gestaan op die strand. Dit was
die kant van geloof. As hulle saam met Hom sou werk, sodat Sy
goddelike krag met hulle menslike pogings sou verbind wees, sou
sukses verseker wees.
Christus het nog ’n les gehad om te gee, veral aan Petrus. Petrus
se verloëning van Sy Here het skerp afgesteek by sy vorige betui-
gings van getrouheid. Hy het Christus onteer, en sy broeders het
hom ge- wantrou. Hulle het gemeen dat hy nie toegelaat sou word
om sy vorige posisie onder hulle te behou nie, en hyself het gevoel
dat hy nie meer vertrou sou word nie. Voordat hy geroep kon word
om sy apostoliese werk op te neem, sal hy bewys moet lewer van sy
bekering. Daar- sonder sou sy sonde, ten spyte van sy berou daaroor,
sy invloed as dienaar van Christus kon vernietig. Die Heiland het aan
hom die kans gegee om weer die vertroue van sy broeders te win, en
om sover moontlik die skande wat hy op die evangelie gebring het,
uit te wis.
Hier is ’n les gegee vir al die navolgers van Christus. Die evan-
gelie maak geen kompromis met die sonde nie. Dit kan nie die sonde
verskoon nie. Geheime sondes moet in die geheim aan God bely
word; maar vir openlike sonde is daar openbare belydenis nodig.
Die skande van die dissipel se sonde kom op Christus. Dit laat die
Satan juig, en laat diegene wat swak is, struikel. Om bewys te lewer
[831]
van sy bekering, moet die dissipel, sover as hy dit kan doen, daardie
skande uitwis.
Terwyl Christus en die dissipels besig was met hulle maaltyd
daar langs die meer, het die Heiland aan Petrus gevra, “Simon, seun
van Jona, het jy My liewer as hulle hier?” Die Here het sy broeders
bedoel Petrus het eenmaal gesê, “Al sal almal ook aanstoot aan U
neem, ek sal nooit aanstoot neem nie.” Matt. 26: 33. Maar hy het
homself nou nie meer oorskat nie. “Ja, Here,” het hy geantwoord, “U
weet dat ek U liefhet.” Nou is hy glad nie meer so dood seker dat sy
liefde groter is as die van sy broeders nie. Nou praat hy nie meer van