Page 747 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

W eer Eens by die Meer
743
sonder sukses. In die lang ure het hulle gesels oor hulle Here, en
gedink aan die wonderbaarlike gebeurtenisse wat daar langs die
oewers van die meer plaasgevind het. Hulle was besorg oor hulle eie
toekoms, en die voor- uitsigte het hulle nie eintlik met hoop vervul
nie.
Maar al die tyd het n eensame Wagter hulle ongesien dopgehou.
Eindelik het die dag gebreek. Die skuit was nie ver van die strand
af nie, en die dissipels het n vreemdeling daar op die strand sien
staan, wat hulle aangespreek en gevra het, “My kinders, het julle nie
n stuk- kie om te eet nie?” Toe hulle antwoord, “Nee,” het Hy aan
hulle gesê, “Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle
sal kry. Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle
nie meer in Staat om dit te trek nie.”
Johannes het die vreemdeling herken, en hy het aan Petrus gesê,
Dit is die Here!” Petrus was so bly dat hy sommer in die water
gespring het, en baie gou het hy langs sy Meester gestaan. Die ander
dissipels het met die skuit aangekom, en die net met die visse aan
wal gesleep. “Toe hulle geland het, sien hulle ’n koolvuur en vis
daarop lê, en brood.”
Hulle was te verbaas om nog te vra waar die vuur en die kos
vandaan gekom het. “Jesus sê vir hulle: Bring van die visse wat julle
nou gevang het.” Petrus het weggespring na die net wat hy gelos het,
en hy het sy broeders gehelp om dit aan wal te sleep. Na dit klaar
was, en die voedsel berei was, het Jesus aan die dissipels gesê, Kom
eet! Hy het van die brood en die visse geneem en aan hulle gegee;
al sewe die dissipels het Hom herken. Hulle het nou gedink aan die
wonderwerk toe vyfduisend mense teen die berghelling gevoed is;
maar daar het ’n heilige ontsag oor hulle gekom, en in stilte het hulle
[830]
die verrese Heiland aanskou.
Helder het hulle die toneei voor die gees geroep daar by die see
toe Jesus hulle geroep het om Hom te volg. Hulle het onthou hoe
hulle, op Sy bevel, uitgevaar het na die diep water, hulle net laat sak
het, en so baie vis gevang het dat die net wou breek. Daarna het Jesus
hulle geroep om hulle skuite te verlaat, en Hy het belowe om hulle
vissers van mense te maak. Dit was om hierdie toneel weer vars in
hulle geheues te bring dat Hy nou weer ’n dergelike wonderwerk
verrig het. Sy daad was ’n herhaling van die opdrag aan die dissipels.
Dit het aan hulle getoon dat die dood van hulle Meester hulle nie