Page 746 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

W eer Eens by die Meer
JESUS se afspraak was om Sy dissipels in Galilea te ontmoet;
en kort ná die paasweek verstreke was, het hulle daarheen gegaan.
Hulle afwesigheid van Jerusalem tydens die fees sou vertolk word
as afvalligheid en kettery, daarom het hulle gebly tot die einde; maar
nadat dit verby was, het hulle hulle skrede tuiswaarts gewend om
hulle Heiland volgens afspraak te ontmoet.
Daar was sewe van die dissipels in die groep. Hulle was geklee
in die eenvoudige drag van vissers; hulle was arm aan wêreldse
besit- tings, maar ryk in die kennis en beoefening van die waarheid,
wat hulle in die oë van die hemel tot die hoogste rang verhef het as
leraars. Hulle het nie in die skole van die profete geleer nie, maar
vir drie jaar is hulle onderrig deur die grootste Leermeester wat die
wêreld ooit geken het. Onder Sy leiding is hulle opgehef, verlig,
verfyn — werk- tuie wat mense tot ’n kennis van die waarheid kon
bring.
Tydens Sy bediening het Christus baie van Sy tyd deurgebring
naby die meer van Galilea. Die dissipels het saamgekom by ’n plek
waar hulle nie gesteur sou word nie, en die omgewing daar het hulle
herinner aan Jesus en Sy magtige werke. Op hierdie meer, toe hulle
met vrees bevange was, en hulle wou vergaan in die verskriklike
storm, het Jesus op die bare gewandel en hulle gered. Daar het Hy
die storm bestraf. Ook kon hulle die kus sien waar sowat tienduisend
[829]
mense gevoed is met n paar brode en visse. Nie ver daarvandaan
nie was Kapernaum, die toneel van so baie wonderwerke. Waar die
dissipels die omgewing aanskou het, was hulle gedagtes vol van die
woorde en dade van hulle Heiland.
Dit was ’n aangename aand, en Petrus, wat maar nog baie lief
was vir die skuite en visvang, het voorgestel dat hulle moes gaan
visvang. Almal het hulle die plan laat welgeval; hulle het voedsel en
klere nodig gehad, en ’n suksesvolle aand se visvangs sou in daardie
behoefte voorsien het. Hulle het toe met hulle skuit uitgegaan, maar
hulle het niks gevang nie. Hulle het die hele nag geprobeer, maar
742