“
Vrede vir Julle”
739
Alleen in hierdie sin het die kerk die mag om die sondaar vry te
spreek. Die vergifnis van sondes kan alleen verkry word deur die
Verdienstes van Christus. Aan geen mens, of groep mense, is die
mag gegee om die siel van skuld te bevry nie. Christus het aan Sy
dissipels opdrag gegee om vergifnis van sondes in Sy Naam te preek
onder alle nasies; maar hulleself het nie die mag gekry om die vlek
van die sonde uit te wis nie. Die Naam van Jesus is die enigste Naam
“
onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered
moet word.” Hand. 4: 12.
Toe Jesus die eerste maal aan die dissipels daar in die bo-vertrek
verskyn het, was Thomas nie by hulle nie. Hy het die berigte van die
ander gehoor, en voldoende bewys ontvang dat Jesus opgestaan het;
maar duisternis en ongeloof het sy hart vervul. Terwyl hy gehoor het
hoe die dissipels vertel van die verskynings van die verrese Heiland,
het dit hom slegs in groter wanhoop gedompel. As Jesus werklik uit
die dode opgestaan het, kon daar geen hoop op ’n letterlike aardse
koninkryk meer wees nie. Dit het sy hoogmoed gekwes om te dink
dat sy Meester Hom sou openbaar aan al die ander dissipels in sy
afwesigheid. Hy het hom voorgeneem om nie te glo nie, en vir ’n
hele week was hy swartgallig, en die teenstellende hoop en geloof
van sy broeders het dit vererger.
In daardie tyd het hy herhaaldelik gesê, “As ek nie in Sy hande
die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van
die spykers en my hand in Sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.”
Hy wou nie deur die oë van sy broeders sien of glo op gesag van
[825]
hulle getuienis nie. Hy het sy Here vuriglik liefgehad, maar hy het
toegelaat dat jaloesie en ongeloof van sy hart besit neem.
n Aantal van die dissipels het nou daardie bo-vertrek hulle ty-
delike tuiste gemaak, en in die aand het almal, behalwe Thomas,
daar vergader. Een aand het Thomas besluit om saam met die ander
te vergader. Ondanks sy ongeloof, het hy ’n floue hoop gekoester
dat die goeie nuus tog waar mag wees. Terwyl die dissipels besig
was met hulle aandete, het hulle die bewyse bespreek wat Christus
hulle gegee het in die profesieë. “En Jesus het gekom terwyl die
deur gesluit was en het onder hulle gestaan en gesê: Vrede vir julle!”
Hy het Thomas aangespreek en gesê, “Bring jou vinger hier, en
kyk na My hande; en bring jou hand en steek dit in My sy; en moenie
ongelowig wees nie, maar gelowig.” Hierdie woorde het bewys dat