Page 744 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

740
DIE KONING VAN DIE EEUE
Hy bekend was met die gedagtes en woorde van Thomas. Hierdie
onge- lowige dissipel het geweet dat elkeen van sy mededissipels
Jesus vir ’n week nie gesien het nie. Hulle kon die Meester dus nie
[826]
van sy ongeloof vertel het nie. Hy het die Een voor Hom herken as
sy Here. Hy wou nie verdere bewys hê nie. Sy hart het gebons van
vreugde, en hy het aan Jesus se voete neergeval en uitgeroep. “My
Here en my God.”
Jesus het sy belydenis aangeneem, maar hom saggies bestraf vir
sy ongeloof: “Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is
die wat nie gesien het nie en tog geglo het.” Die geloof van Thomas
sou Christus meer behaag het as hy gewillig was om te glo op die
getuienis van sy broeders. As die wêreld vandag die voorbeeld van
Thomas moes volg, sou niemand geglo het tot verlossing nie; want
almal wat Christus aanneem, moet dit doen op die getuienis van
ander.
Baie wat die neiging het om te twyfel, maak die verskoning dat
hulle sou geglo het as hulle die getuienis gehad het wat Thomas
van sy mededissipels ontvang het. Hulle besef nie dat hulle nie
slegs daardie getuienis het nie, maar nog baie meer. Mense wat soos
Thomas wag totdat alle rede vir twyfel eers uit die weg geruim is,
sal nooit hulle begeerte verwesenlik sien nie. Geleidelik word hulle
volslae onge- lowiges. Diegene wat hulleself gewoond maak om
altyd op die donker kant te kyk, en murmureer en kla, weet nie wat
hulle doen nie. Hulle saai die saad van twyfel, en daar sal vir hulle ’n
oes van twyfel wees. In ’n tyd wanneer geloof en vertroue so nodig
is, sal baie ontdek dat hulle magteloos is om te hoop en te glo.
In Sy handelwyse met Thomas het Jesus ’n les aan al Sy navol-
gers gegee. Sy voorbeeld toon hoe ons moet handel met diegene
wie se geloof swak is, en wat hulle twyfel op die voorgrond stoot.
Jesus het Thomas nie verwyt nie, ook het Hy nie met hom gestry nie.
Hy het Homself geopenbaar aan die een wat getwyfel het. Thomas
was baie onredelik toe hy die voorwaardes gestel het waarop Hy sou
glo, maar Jesus, deur Sy liefde en sagmoedigheid, het al die strui-
kelblokke uit die weg geruim. Deur te stry, sal mens nooit ongeloof
oorwin nie, want die persoon sal sy stelling verdedig en steeds met
nuwe ekskuse kom. Maar laat Jesus, in Sy liefde en genade geo-
penbaar word as die gekruisigde Heiland, en dan sal die belydenis