738
DIE KONING VAN DIE EEUE
die oordeel oor ander te vel nie. In die Bergpredikasie word dit ten
sterkste afgekeur. Dit is God se alleenreg. Maar op die georgani-
seerde kerk berus die verantwoordelikheid vir sy indiwiduele lede.
Teenoor diegene wat in die sonde val, het die kerk ’n plig, om hulle
te waarsku, te onderrig, en waar moontlik, te herstel. “Weerlê, be-
straf, vermaan,” sê die Here, “in alle lankmoedigheid en lering.” 2
Tim. 4: 2. Bestraf verkeerde dinge getrou. Waarsku elke siel wat in
gevaar verkeer. Laat niemand toe om homself te bedrieg nie. Noem
die sonde op sy regte naam. Verklaar duidelik wat God gesê het oor
leuentaal, Sabbatsont- heiliging, diefstal, afgodediens, en alle ander
sondes. “Die wat sulke dinge doen [sal] die koninkryk van God
nie beërwe nie.” Gal. 5: 21. As hulle volhard in die sonde, sal die
oordeel wat u uit Gods Woord aangehaal het, in die hemel op hulle
uitgespreek word. Deur die sonde te verkies, verwerp hulle Christus;
die kerk moet wys dat hy nie hulle dade goedkeur nie, of hy sal self
sy Here onteer. Die kerk moet van die sonde sê wat Christus daarvan
sê. Hy moet met die sonde handel soos God voorgeskryf het, en sy
optrede sal in die hemel bekragtig word. Hy wat die gesag van die
kerk verag, verag die gesag van Christus self.
Maar hierdie prentjie het ook sy blink kant. “As julle die mense
hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe.” Laat ons dit nie
vergeet nie. In die vermaning van sondaars, moet hulle op Christus
gewys word. Die herders moet sagmoedig sorg vir die kudde van
die Here. Hulle moet diegene wat sondig, vertel van die vergewende
ge- nade van die Heiland. Hulle moet die sondaar aanmoedig om
[824]
hom te bekeer, en te glo in die Een wat hom kan vergewe. Laat
hulle sê, op gesag van Gods Woord, “As ons ons sondes bely, Hy is
getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle
ongeregtigheid te reinig.” 1 Joh. 1: 9. Almal wat hulle bekeer, het die
versekering, “Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede
met die voete vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die
see werp.” Miga 7: 19.
Die kerk moet die bekering van die sondaar met dankbaarheid
aanneem. Die boetvaardige moet uit die duisternis van ongeloof
gelei word tot die lig van geloof en geregtigheid. Die bewende hand
moet geplaas word in die liefdevolle hand van Jesus. So n vergifnis
sal in die hemel bekragtig word.