Page 741 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Vrede vir Julle”
737
en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan;
en bekering en vergewing van sondes in Sy Naam verkondig word
aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. En julle is getuie van
hierdie dinge.”
Die dissipels het die aard en omvang van hulle werk begin ver-
staan. Hulle moes aan die wêreld die wonderbare waarhede verkon-
dig wat Christus aan hulle toevertrou het. Die gebeurtenisse van
Sy lewe, Sy dood, en Sy opstanding, die profesieë wat na daardie
gebeurtenisse ver- wys het, die heiligheid van die wet van God, die
verborgenhede van die verlossingsplan, die mag van Jesus om son-
des te vergewe — hulle was getuies van al hierdie dinge, en hulle
moes dit aan die wêreld bekendmaak. Hulle moes die evangelie
van vrede en verlossing deur bekering en die krag van die Heiland
verkondig.
En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle:
Ontvang die Heilige Gees. En as julle die mense hulle sondes ver-
gewe, dan word dit hulle vergewe; en as julle die mense hulle sondes
hou, dan is dit gehou.” Die Heilige Gees was toe nog nie ten volle
uitgestort nie, want Christus was nog nie verheerlik nie. Die voller
uitstorting van die Heilige Gees het plaasgevind eers ná die hemel-
vaart van Christus. Nie alvorens dit ontvang was, kon die dissipels
hulle opdrag vervul om die evangelie aan die wêreld te verkondig
nie. Maar die Gees is toe gegee vir ’n spesiale doel. Voordat die
dissipels hulle offisiële pligte kon vervul in verband met die kerk,
het Christus die Heilige Gees op hulle geplaas. Hy het ’n baie heilige
[823]
pand aan hulle toevertrou, en Hy wou hulle onder die indruk bring
van die feit dat hierdie werk nie gedoen kon word sonder die Heilige
Gees nie.
Die Heilige Gees is die asem van geestelike lewe in die siel.
Die gawe van die Heilige Gees is die meedeling van die lewe van
Christus. Dit besiel die ontvanger met die eienskappe van Christus.
Alleen diegene wat so deur God geleer is, diegene wat die werking
van die Gees in die binneste het, en in wie se lewe die lewe van
Christus geopenbaar is, moet arbei as verteenwoordigende manne
om te dien namens die kerk.
As julle die mense hulle sondes vergewe,” het Christus gesê,
dan word dit hulle vergewe; . . . as julle die mense hulle sondes
hou, dan is dit gehou.” Christus gee hier aan niemand die reg om