Page 740 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

736
DIE KONING VAN DIE EEUE
en bene soos julle sien dat Ek het nie. En terwyl Hy dit sê, wys Hy
hulle Sy hande en voete.”
Hulle het Sy hande en voete gesien met die merke van die wrede
spykers daarin. Hulle het Sy stem herken, wat anders was as enige
ander stem wat hulle nog ooit gehoor het. “En toe hulle van blydskap
[821]
nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle
hier iets om te eet? Daarop gee hulle Hom ’n stuk gebraaide vis
en ’n stuk heuningkoek. En Hy het dit geneem en voor hulle oë
geëet.” “En die dissipels was bly toe hulle die Here sien.” Geloof
en vreugde het die plek ingeneem van ongeloof, en met gevoelens
wat nie in woorde kon uitgedruk word nie, het hulle hulle verrese
Heiland herken.
By die geboorte van Jesus het die engel aangekondig, Vrede op
aarde, in die mense n welbehae. En nou, by Sy eerste verskyning aan
die dissipels, ná Sy opstanding, het die Heiland hulle toegespreek
met die woorde, “Vrede vir julle.” Jesus is altyd gereed om vrede te
spreek tot siele wat gebuk gaan onder die las van vrees en twyfel.
Hy wag op ons om die deur van ons hart vir Hom oop te maak en te
sê, Bly by ons. Hy sê: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As
iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na Hom
toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.” Openb. 3: 20.
Die opstanding van Jesus was ’n tipe van die laaste opstanding
van almal wat in Hom ontslaap het. Die gelaat van die verrese Hei-
land, Sy gedrag, en Sy spraak was alles welbekend aan Sy dissipels.
Soos Jesus uit die dode opgestaan het, so sal ook diegene wat in
[822]
Hom ontslaap het, weer opstaan. Ons sal ons vriende weer ken, net
soos die dissipels Jesus geken het. Hulle mag misvorm gewees het,
of siek, of mismaak in hierdie aardse lewe, maar hulle sal opstaan
in volmaakte gesondheid en welgeskapenheid; hulle identiteit sal
in hulle verheerlikte liggaam volkome bewaar bly. Dan sal ons ten
volle ken, net soos ons ten volle geken is. 1 Kor. 13: 12. In gesigte
wat glinster van die lig wat skyn van die aangesig van Jesus, sal ons
die gelaatstrekke herken van diegene wat ons liefhet.
Toe Jesus Sy dissipels ontmoet het, het Hy hulle herinner aan die
woorde wat Hy tot hulle gespreek het vóór Sy dood, naamlik, dat
alles vervul moet word wat aangaande Hom geskryf is in die wet van
Moses, die profete en in die Psalms. “Toe open Hy hulle verstand
om die Skrifte te verstaan.” En Hy sê vir hulle: “So is dit geskrywe,