Page 739 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Vrede vir Julle”
BY Jerusalem aangekom, het die twee dissipels die stad deur
die oos- poort binnegegaan, wat met feestye snags altyd oop was.
Die huise was donker en stil, maar die reisigers baan hulle weg
deur die nou strate in die lig van die opkomende maan. Hulle gaan
na die bovertrek waar Jesus die tyd die laaste aand vóór Sy dood
deurgebring het. Daar, het hulle geweet, sou hulle hulle broeders
kry. Laat soos dit reeds is, weet hulle dat die dissipels nie sou gaan
slaap voordat hulle met sekerheid geweet het wat van die liggaam
van hulle Here geword het nie. Die deur tot die vertrek was gesluit.
Hulle klop om binne- gelaat te word, maar hulle hoor niks. Alles
is Stil. Hulle roep hulle name uit; die deur word oopgemaak, hulle
gaan binne, maar nog Iemand, onsigbaar, gaan saam met hulle in.
Weer is die deur gesluit om spioene buite te hou.
Die reisigers vind almal in n toestand van opgewondenheid. Die
stemme van diegene in die saal word gehoor in lof en danksegging,
en hulle sê, “Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon ver-
skyn.” En toe het die twee reisigers, nog half uitasem weens die haas
[820]
waarmee hulle die terugreis afgelê het, die wonderbaarlike verhaal
vertel van hoe Jesus aan hulle verskyn het. Hulle was net klaar, en
sommige het openlik verklaar dat hulle dit nie kan glo nie, want dit
het ongelooflik geklink, toe daar skielik ’n ander Persoon voor hulle
staan. Alle oë is gevestig op die Vreemdeling. Niemand het geklop
om binnegelaat te word nie. Geen voetstappe is gehoor nie. Die
dissipels is ontstel, en hulle wonder wat dit kan beteken. Toe hoor
hulle ’n stem wat niemand anders s n was as die van hulle Meester
nie. Duidelik en helder kom die woorde van Sy lippe, “Vrede vir
julle.”
Toe het hulle geskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle
n gees sien. En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom
kom daar twyfel in julle harte op? Kyk na My hande en My voete,
want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ’n gees het nie vlees
735