Page 738 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

734
DIE KONING VAN DIE EEUE
die merke van die spykers in Sy hande. Albei roep tegelyk uit, Dit is
die Here Jesus! Hy het opgestaan uit die dode!
Hulle staan op om hulleself aan Sy voete neer te werp en Hom
te aanbid, maar Hy het voor hulle oë verdwyn. Hulle kyk na die plek
waar die Een gesit het wat ’n rukkie tevore nog in die graf gelê het,
en hulle sê vir mekaar, “Was ons hart nie brandende in ons toe Hy
met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?
Maar met hierdie belangrike nuus om te gaan vertel, kon hulle
nie daar sit en praat nie. Hulle moegheid en honger is weg. Hulle laat
staan hulle kos net so, en blymoedig is hulle dadelik met dieselfde
pad terug waarmee hulle gekom het, om die goeie nuus te gaan vertel
aan die dissipels in die stad. In sommige dele is die pad nie veilig
nie, maar hulle klim oor die steil plekke, en gly oor die gladde rotse.
Hulle sien nie, en hulle weet nie, dat Hy wat saam met hulle op
die pad gereis het, hulle beskerm nie. Met pelgrimstaf in die hand,
stryk hulle voort, en probeer hulle om vinniger te beweeg as wat vir
hulle veilig is. Hulle raak die pad byster, maar vind dit weer. Soms
hardloop hulle, soms struikel hulle, maar hulle haas voort, met die
onsigbare Reisgenoot die hele pad dig by hulle.
Die nag is donker, maar die Son van Geregtigheid skyn op hulle.
Hulle harte bons van vreugde. Dit is asof hulle in ’n nuwe wêreld is.
Christus is ’n lewende Verlosser. Hulle treur nie langer oor Hom as
een wat dood is nie. Christus het opgestaan — dit herhaal hulle oor
en oor. Dit is die boodskap wat hulle neem na die treurendes. Hulle
moet hulle die wonderlike storie van die reis na Emmaus vertel.
Hulle moet vertel wie by hulle op die pad aangesluit het. Hulle is
die draers van die grootste boodskap wat nog ooit aan die wêreld
gegee is —’n blye boodskap waarin die mensdom hulle hoop vir tyd
en ewig- heid kan vestig.
[819]